Sport speel ‘n belangrike rol in die vorming en ontwikkeling van u leerders. Lardie leerders word aangemoedig om gebruik te maak van al die
sportgeleenthede wat die skool aanbied om op só ‘n manier te ontwikkel as gebalanseerde tieners.
Atletiek
FILOSOFIE
Atletiek is `n sportsoort wat verskeie geleenthede bied aan enige leerder om sy/haar potensiaal tot die uiterste te benut. Met die variasies van spoed, krag, uithou en veerkrag, wat verskeie items behels, kan enige kind hom/haar uitleef.
Atletiek leer ‘n leerder volharding, deursettingsvermoë en selfdissipline om sodoende liggaamlike ontwikkeling te bevorder. Atletiek berei ook ‘n leerder voor vir sy/haar “Wedloop van die Lewe” wat lei tot volwassenheid. Leerders leer oor gesonde eet-gewoontes en hoe om dit toe te pas in sy/haar daaglikse lewe. Atletiek bied geleenthede om tot op `n hoë ouderdom deel te neem en doelwitte te stel om aan Suid-Afrikaanse en Wêreldkampioenskappe, Internasionale Deelname en Olimpiese Spele deel te neem.
DEELNAME AAN KOMPETISIES
- Bokkesport
- Top 10 Kompetisie
- WyksbyeenkomsteCluster-byeenkoms
- Distrikkampioenskappe
- Gauteng Kampioenskappe
- SA Kampioenskappe
- Super 12- Kompetisie
AFRIGTERS
Buite-afrigter: GB de Klerk – Little Legends
PRESTASIES
2022
- Cluster Atletiekbyeenkoms: 16 Goud, 24 Silwer, 19 Brons
- Distrikkampioenskappe: 30 Atlete neem deel, 5 Goud, 13 Silwer, 11 Brons
- Gauteng Kampioenskappe: 15 Atlete neem deel, 3 Silwer en 1 Brons
- SA Kampioenskappe: 3 Atlete neem deel
2023
- Cluster Atletiekbyeenkoms: 15 Goud, 20 Silwer en 12 Brons
- Distrikkampioenskappe: 22 Atlete dring deur na die kampioenskappe
2024
- Spesiale melding aan Hanru Louwrens: Hy verower goud in Seuns o/12 Spiesgooi, breek die SA rekord en ontvang ‘n trofee vir die beste veldatleet.
- Lea van der Merwe: Goud 100m, Brons 1200m
- Hardus Hattingh: 4de Diskus
- Misha Jacobsz: 5de 1200m
- Elandri Pitzer: 5de 80m
- Stian Roets: 6de Gewigstoot
- Ashley Barnes: 7de Siesgooi
BULLETJIE-RUGBY GR R-2
Filosofie
Laerskool Elarduspark sien rugby as ‘n belangrike opvoedingsmeganisme om seuns na volwassenheid te lei. Dis waar hulle die basiese vaardighede van die spel leer soos bal vang, aangee en skopvaardighede. Ons leerders leer om in die dinamika van ‘n span saam met spanmaats te speel. Ons sal graag wil sien dat elke speler se volle potensiaal en liefde vir die sport ontwikkel word tot voordeel van sy menswees.
‘n Chinese gesegde sê: Die geheim van vooruitgang is jy moet êrens begin. Vir talle seuns is Bulletjie rugby die begin van ‘n asemrowende rugby reis by Laerskool Elarduspark.
Deelname
Laerskool Elarduspark het ‘n jaarlikse tradisie waar elke o/8 bulletjie seun en sy pa op ‘n pa en seun toer gaan. Die toer word self deur die ouers gereël. Hulle begin reeds in Februarie met fonds-insamelingsprojekte en verkope van eetgoed, koeldrank ens. by elke oefening. Tydens die toer word die seuns blootgestel aan 15 man rugby. Hulle word bygestaan en ondersteun met die oorskakelingsfase.
Deur die loop van die seisoen skakel die 0/8 seuns oor van “Rip”-rugby na “Tackle”- rugby. Dit is goeie oefening voor hulle in die 4de kwartaal begin oorskakel na 15-man rugby. Elke span kry die geleentheid om te kan speel en ‘n liefde vir die sport te ontwikkel. Jaarliks neem ons aan ten minste drie vriendskaplike bulletjiedae deel, vier Liga bulletjiedae, die Menlo-Bulletjiedag asook die Loftus-Bulletjiedag.
Organiseerders
Mnr George James
Afrigters
Ons maak gebruik van ouers vir afrigting van Bulletjie Rugby.
Die afrigters moet “boksmart” gekwalifiseerd wees om so ‘n spannetjie te kan afrig en woon sodoende die nodige kursusse by.
‘n Personeellid van die skool is oorhoofs verantwoordelik vir Bulletjie rugby om te verseker dat die regte vaardighede aangeleer word.
Ouers wat sou belangstel om ‘n afrigter of skeidsregter te wees vir die Bulletjies kan ‘n epos stuur aan gjames@lardies.co.za
Oefentye
- Die Bulletjies oefen Woensdae-aande van 17:00–18:00. Wedstryde vind op Saterdae plaas. ‘n Program word aan die begin van die seisoen aan die ouers beskikbaar gestel met die onderskeie plekke waar die wedstryde gaan plaasvind. Tydens die oefening ontvang u dan die tye van die eerskomende Saterdag se wedstryde tesame met die padkaart.
- Oefeninge begin in Februarie en eindig in Junie. Die bulletjies speel in die begin “Rip”-rugby en daarom vind daar in die 4de kwartaal ‘n oor-bruggingskursus plaas waar die seuns leer om te duik ter voorbereiding van hulle 0/9 rugbyjaar.
Rugby o/9-0/13
Filosofie
Die afrigterskorps van Laerskool Elarduspark glo dat rugby ‘n sportsoort is wat positiewe energie by leerders ontwikkel en terselfdetyd hulle emosioneel en fisies sterk maak. Om die seuns bekend te stel aan 15-man rugby: Moet hulle geskik wees om fisiese en kontak rugby te speel maar dit moet nie die speler afskrik nie.
Om die seuns maksimaal betrokke te kry en geleentheid te bied om met die bal te speel en om sy individuele vaardighede te ontwikkel. Drieë moet makliker aangeteken word en dit is vir die speler baie waardevol en dit is ‘n belangrike element in die leerproses. Aandag moet aan die ontwikkelling van spelers binne die reëls gegee word en die wenmotief moet nie spel oorheers nie.
Afrigters & Oefentye
Al die spanne word afgerig deur gekwalifiseerde en bekwame afrigters. Spelers kry dus blootstelling aan tegnieke en die spel rugby. Rugby word beoefen in kwartaal 1, 2 en 4.
Kwartaal 4
Vaardigheids-oefeninge ter voorbereiding van die volgende jaar.
Oorskakelingsprogram vir o/8 Bulletjies na 15 man rugby.
Prestasies verslae
2022 was ‘n besonderse jaar vir Laerskool Elarduspark se Rugby. Die rugbytoer was die grootse rugbytoer wat die skool tot dusvêr gehad het en ons gaan in 2023 nog ‘n groter groep op toer vat. Tydens Super 12 het ons o/9A span goud verwerf. In die Liga seisoen het ons algeheel 2de geëindig, slegs 1 punt agter die wenners. Ons het vir die 1ste keer al 10 wedstryde teen Laerskool Hennopspark gewen. Herdus Mostert, Ruhan van der Merwe, Alexander Griesel en Liam Schutte is gekies vir Laerskole Blou Bul spanne. Mnr Francois van Wyk is gekies as die o/12 Jongspan afrigter by die Blou Bulle. Ons spanne het almal uitstekend gevaar in 2023.
- o/9A: Liga Naaswenners, Super 12 Goud
- o/9B: Ligawenners
- o/10A: Liga Naaswenners, Stadsbeker wenners
- o/10B: Liga Wenners
- o/11A: Liga 3de plek
- o/11B: Liga 5de plek (3 punter agter 2de plek)
- 4des: Liga wenners
- 3des: Liga wenners
- 2des: Liga Naaswenners
- 1stes: Liga 4de plek (Slegs 2 wedstryde verloor)
Bekende Spelers
Francois Brummer
Frik Kirsten
Henry Bantjes
Jannes Kirsten
Pierre Schoeman
Mnr Francois van Wyk, afrigter wat tans by die skool onderwysers is, het ook vir die Pumas Currie Beker gespeel.
Fasiliteite
2 Rugbyvelde
Gholf
Filosofie
Gholf proewe vind plaas aan die einde van kwartaal 3. Leerders by Laerskool Elarduspark neem elke jaar deel aan die Oos-Distrik Gholf Liga. Dit vind in die vierde kwartaal plaas. Die top agt leerders verteenwoordig die skool teen die beste skole in die Ooste. Daar word Maandae op verskeie bane in Pretoria gespeel en die wedstryde strek oor vier weke. Nog ‘n hoogtepunt by Laerskool Elarduspark is die Super 12- Gholfkompetisie wat ook jaarliks plaasvind in Oktober. Hier speel die beste vier gholfers van die skool teen die beste van die beste. Dit strek oor twee dae en leerders groei volwaardig na jong opkomende sportsterre. Die skoolspanne, sowel as individuele spelers wat seuns en dogters insluit, presteer eweneens puik in toernooie.
Daar is ‘n goed gestruktureerde gholf kliniek by Wingate Gholfklub waar leerdes afrigting kan ontvang. Vir enige navrae oor die gholf kliniek skakel Philip du Preez op 0824102471. Wanneer privaatlesse verlang word, moet dit self met die privaat afrigter gereël word.
Wat beteken gholf vir ons skool se gholfspelers? Gholf is vir baie spelers soos ‘n toevlugsoord; as ek op die baan uitkom is dit net ek en die baan en die spel; ek is vir daardie tydperk in ‘n ander wêreld. Deur in die natuur te speel word angs fisiologie verlaag. Gholf verbeter aandagspan en volharding. Gholf bou die karakter van ons sportsterre en belangrike lewenslesse word daaruit geleer. Die belangrikste is dat Gholf pret is vir die spelers.
Afrigters
Mnr Eduan Meyer (Gholf-organiseerder)
Mnr Phillip du Preez (Gholf-afrigter)
Sel: 082 410 2471
Oefentye
Weekliks. Tye en dae word self met Phillip du Preez gereël. Oefening vind plaas dwarsdeur die jaar.
Liga-wedstryde vind plaas tydens die eerste vier weke in die vierde kwartaal.
Deelname aan kompetisies
Liga: Leerders by Laerskool Elarduspark neem elke jaar deel aan die Oos-Distrik Gholf Liga. Dit vind in die vierde kwartaal plaas. Die top agt leerders verteenwoordig die skool teen die beste skole in die Ooste. Daar word Maandae op verskeie bane in Pretoria gespeel en die wedstryde strek oor vier weke.
Super 12- Kompetisie: Nog ‘n hoogtepunt by Laerskool Elarduspark is die Super 12- Gholf-kompetisie wat ook jaarliks plaasvind in Oktober. Hier speel die beste vier gholfers van die skool teen die beste van die beste. Dit strek oor twee dae en leerders groei volwaardig na jong opkomende sportsterre.
Fasiliteite
Wingate Park Country Club word gebruik.
MINI-HOKKIE
Dit vind op Saterdae plaas by verskillende skole.
‘n Paar wedstryde word deur die loop van die oggend gespeel.
ONS DOEL
Daar word gepoog om ‘n liefde vir die spel van hokkie by spelers te ontwikkel. Basiese vaardighede vir hokkie word ontwikkel en aangekweek en hulle leer hoe om die spel te “lees” in ‘n kleiner formaat. Samewerking tussen spelers word ontwikkel (spansport, nie een-man-sport). Spanne word toegerus met die nodige toerusting. Almal van graad 1 tot graad 7 neem baie gretig deel. Alle oefeninge en wedstryde word deur spelers bygewoon.
PRESTASIES
Tydens Mini-hokkie is dit vir ons belangrik om die spelers so veel as moontlik aan wedstryd situasies bloot te stel. Spelers vorder baie goed en hul sportsmangees word goed ontwikkel in wen en verloor situasies.
HOKKIE
Filosofie
Elke leerder, seun en dogter, kry die geleentheid om aan hokkie deel te neem. Hulle word die geleentheid gegun om aan ‘n spansport deel te neem en so sportmangees op te bou.
Deelname aan Ligas en Rondomtalies
o/11 – 0/13 speel Ligas.
o/10 neem aan vriendskaplike ligas deel
Dit kan op enige dag plaas vind afhangende van die bepalings.
Gauteng-Noord doen hierdie bepalings.
Die 0/13A spanne neem deel aan Super 12-kompetisie.
Oefentye
Die hokkieseisoen strek van Maart tot September. Kwartaal twee en drie se oefentye kan verskil.
Prestasies
2022
Chloe-Alexis Venter (o/12), Kristen Janse van Rensburg (o/13), Logan Bezuidenhout (o/13), Jurgen Lourens (o/12), Charl Meiring (o/13) behaal Noord-Gauteng spanne.
Afrigters prestasies
Me Marishaan Bester, Me Silendra Siff en Me Anya Dippenaar tree op as Northerns afrigters tydens 2022 – 2024.
Bekende Speler
Jacques Odendaal, oud-leerder van Laerskool Elarduspark, tree op as Provinsiale Skeidsregter by toernooie en ontvang die toekenning vir mees belowendste skeidsregter in Gauteng Noord.
Fasiliteite
Tans word daar by die skool, NG Gemeente Elarduspark en op Hoërskool Waterkloof se astro geoefen. Die bou van die Mini-Astro begin in Junie 2024.
MINI-Krieket
Mini-Krieket word aangebied vir die Graad R – 2 (o/6 – o/8) seuns en dogters. Wedstryde vind plaas op Saterdae waarvan ongeveer 10 wedstryde gespeel word per span tydens die seisoen en ‘n verdere 4 dag-aand wedstryde vir die Gr R en 1’s. (Julie – September). Ons gebruik van gekwalifiseerde afrigters tydens die krieket seisoen wat verskaf word deur ons skool se krieket akademie. Hierdie afrigters werk met die leerders tydens die oefeninge, en werk terselfte tyd hand aan hand met die ouers tydens die wedstryde. Graad 1 en 2-leerders oefen 2 maal per week tydens die seisoen waarvan elk 40min lank sessie is en Gr 1 oefen 1 sessie per week. Die dae en tye wat die leerder die beste pas in die week word geselekteer deur die ouers.Leerders word van Graad R blootgestel aan hardebal krieket en die graad 2’s begin met volwaardige krieket wedstryde. Mini-Krieket bied elke leerder wat wil deelneem die kans om te speel, hulself te geniet en nuwe maatjies te maak.
ONS DOEL
- Leerders se vaardighede te verbeter in boul-, kolf- en veldwerk.
- Om leerders die nodige kennis van wedstryd prosedure te leer.
- In die helfte van die graad-1 seisoen word hulle blootgestel aan grootveld krieket, sodat hulle gewoond is teen die tyd wat hulle in graad-2 kom.
- Wanneer leerders hul Mini-Krieket loopbane voltooi is hul volwaardig uitgerus met die regte vaardighede.
DEELNAME
In 2022 het ons leerders in die Little Titans deelgeneem waar ons verskeie wedstryde op SuperSport Park gespeel het. Ons Gr 2 leerders skruif einde kwartaal 3 na Klub Krieket om verder hulle vaardighede te ontwikkel.
- In 2022 het ons tans die volgende spanne
- o/6 is 63 leerders en 8 spanne
- o/7 is 71 leerders en 8 spanne
- o/8 is 44 leerders en 4 spanne
Krieket
Laerskool Elarduspark se doel met elke krieket speler is om hom/haar so toe te rus dat sy/hy gebalanseerd die samelewing kan betree. Massa-deelname is belangrik en suiwer aanmoediging is die manier waarop ons dit bereik. Laerskool Elarduspark is ‘n trotse voorganger van uitmuntende sportmangees en ons kweek dit reeds van ‘n vroeë ouderdom by die spelers. Spelers dra die blou van Laerskool Elarduspark met trots!
Ons het aan die begin van 2019 ook ‘n nuwe initiatief begin by die skool waar ons aan die begin van die jaar ‘n tipe proewe hou om ‘n verkleinde groep van elke ouderdom te kies ( rondom 20 leerders ) wat dan hand aan hand teen ‘n minimale bedrag eenkeer ‘n week groep afrigting kry vanaf ons skool se akademie. Ons hoof doelwit hiermee is om ons leerders reg deur die jaar krieket te beoefen sodat ons met al die top krieket skole in Pretoria kan kompeteer.
Deelname
Laerskool Elarduspark neem deel aan:
- Suid-Oos A1 Liga o/9 – o/13.
- Super 12- Kompetisie vir o/11 en o/13 gedurende die Junie/Julie skoolvakansie.
- Toere vir ander spanne word beplan
- Dag aan reëls o/11A en o/13A
Fasiliteite
Daar is verskeie fasiliteite beskikbaar waarvan die spelers gebruik maak. Daar is 6 krieketnette waar oefening meestal plaasvind, waarvan twee toe nette is waar boulmasjiene van gebruik is.
LARDIE KRIEKET-AKADEMIE
Die krieket-akademie van die skool word deur ‘n privaat maatskappy bedryf maar loop hand aan hand met die skool se krieket. Die skool met sy onderwysers is nog steeds ten volle verantwoordelik vir die skool se krieket maar van die spanne gaan hulp ontvang van ‘n akademie-afrigter.
Die akademie se funksie is om reg deur die jaar met seuns in ouderdomsgroepe te oefen sodat ons krieket kultuur nog voor elke seisoen kan kweek.
landloop
Filosofie
Landloop is `n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem en bied die geleentheid tot fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë. Die leerder leer dat hy/sy met selfdissipline sy/haar eie vermoëns tot prestasie en sukses bepaal wat tot hoë hoogtes kan lei.
Landloop leer ‘n leerder gesonde eetgewoontes, hoe om beserings, terugslae en teleurstellings te hanteer. Landloop is `n sport wat op `n hoë ouderdom steeds beoefen kan word en bied die leerder geleenthede om aan die Suid-Afrikaanse- en Wêreldkampioenskappe deel te neem. `n Landloopatleet leer om op te staan wanneer hy/sy val en sodoende voor te berei vir die wedloop van die lewe wat lei na volwassewording.
Deelname aan kompetisies
|
Afrigters
Graad 1 – 3: Me Wilmari Groenewald & Me Jani Potgieter
Graad 4 – 7: Me. Lettie Saayman & Janica Labuschagne (Organiseerder)
Oefentye
Seisoen vir deelname is April tot SeptemberAfstande van wedlope
0/8 : 1km
0/9 en 0/10 : 2 km
0/11, 0/12, 0/13 dogters : 3km
0/13 seuns : 4km
Prestasies behaal
Super 12 – 2de plek.
Take 5-Aflos – 3de jaar aangewys as Laerskool Kampioene.
8 Atlete wat deelneem aan die SA Kampioenskappe.
Dogters 0/13 en seuns o/13 wen spankompetisie tydens Super 12 byeenkoms. Seuns 0/13 eindig derde en Dogters 0/12 eindig derde.
Me Janica Labuschagne verwerf Gauteng-Noord kleure en neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Bekende atlete
Ons eie afrigter, Me. Lettie Saayman, verwerf Nasionale kleure en neem twee keer deel aan die Wêreldkampioenskappe. Haar dogter, Letitia Saayman, ook ‘n oud-leerder van Laerskool Elarduspark, het Suid-Afrika in drie agtereenvolgende jare verteenwoordig by die Wêreld-kampioenskappe.
Fasiliteite
Padwerk
Spoedwerk – atletiekbaan
Uithouvermoë – atletiekbaan
Skaak
Filosofie
Filosofie van Skaak: Skaak stel kinders op ‘n vroeë ouderdom in staat om verskeie lewensvaardighede te bemeester, naamlik:
- Ontwikkel die brein
- Leer die mens hoe om ‘n probleem te analiseer, op te breek, te fokus op die belangrike aspekte en die afleibare elemente uit te skakel.
- Logiese denke
- Vermoë om emosies te beteul
- Bevorder selfbeheersing
- Bevorder selfvertroue
- Skaak se kompleksiteit bevorder ook kinders se koördinasie. Daar is net een vereiste aan skaak verbonde – “harde werk”.
Daar is net een vereiste aan skaak verbonde: Dit vereis harde werk.
Organiseerder
Me Sylvia de Beer
Afrigter
Afrigting word deur professionele afrigters op Maandae behartig in groepsverband.
Hoofafrigter: Jaco Nelson
Ander: Engela du Toit, Ds Wim Slabbert en Rene Sutherland
Deelname
Gedurende die 2de en 3de kwartaal neem spanne aan die Liga-wedstryde deel.
Super 12-Skaakkampioenskappe vind in die 2de kwartaal plaas.
Prestasies
2020
- Carla Theron en Leila Eygelaar word uitgenooi na die Nasionale Geslote Junior Skaakkampioenskappe
Bekende spelers
Christiaan Coetzee, Suné du Toit, Nadia Schmidt, Armand Cruywagen en Mikhal Odendaal
Fasiliteite
Goed toegeruste skaakklasse
JUNIOR-TENNIS
By Laerskool Elarduspark poog ons om vir ons leerders alle moontlike geleenthede te bied sodat hulle tot hul volle potensiaal kan ontwikkel. Om hierdie rede het ons begin met die Junior Tennis Klub by die skool. Die klub word bestuur en alle afrigting word waargeneem deur Daleen Luüs.
ONS DOEL
Ons doel is om kinderontwikkeling deur middel van tennisvaardighede te bevorder Vaardighede wat deur hierdie program aangespreek word is:
- Statiese en dinamiese balans
- Beweeglikheid
- Gooi en vang vaardighede
- Hand-oog en voet-oog koördinasie (met of sonder ‘n raket) bal manipulering
- Luistervaardighede
- Opdrag uitvoering
- Verbetering van konsentrasievermoë
Met die junior tennis word daar gepoog om meer leerders bloot te stel aan die sport tennis omdat dit so ‘n verrykende invloed het op alle vlakke van die kind se ontwikkeling.
Die jnr tennis is vanaf Gr R tot 3. Dit word op die skoolbane aangebied en ook voor skool in die oggende. Aan die begin van elke jaar word ‘n vorm uitgestuur met al die nodige inligting sowel as die inskrywingsvorm.
Tennis
Filosofie
Laerskool Elarduspark poog om soveel moontlik leerders die geleentheid te bied om Tennis te speel. Daarom word daar gepoog om soveel moontlike spanne vir die Liga in te skryf.
Deelname aan Toernooie
Tennisliga word en die 1e en 3e kwartaal van die jaar gespeel. Alle ligawedstryde word op Maandae gespeel. Daar is ‘n o/11 en Oop liga. Die hoeveeleid spanne wat ingeskryf word hang af van die aantal spelers en bane tot ons beskikking. Daar word ook in die derde kwartaal aan die Super 12 deelgeneem.
In die vierde kwartaal word die Lardie Geslote Tenniskampioenskappe gehou. Hiervolgens word ons ranglys vir die volgende jaar saamgestel, en ontdek ons ook baie nuwe talent. In die tweede kwartaal kry die spelers geleentheid om daagwedstryde te speel om sodoende hulle plek op die ranglys te verbeter.
Afrigting
Tennis is ‘n baie gespesialiseerde sport en om elke leerder die geleentheid te gun om sy/haar volle potensiaal te bereik, word daar van buite afrigting gebruik gemaak.
Ligas – Tye en Ouderdomme
Die ligas word in twee ouderdomsgroepe verdeel. Daar is ‘n 0/11 en ‘n Oop Liga. Leerders in die Junior Fase wat potensiaal toon kan reeds in die 0/11 Liga speel en leerders wat 14 word in die jaar, kan ook nog aan die Ligas deelneem.
Elke span word aan ‘n personeellid toevertrou wat die leerders na en van elke wedstryd vergesel. Spanne maak van busvervoer gebruik.
Kleredrag
Die leerders speel met die skool se veeldoelige hempie en broeke/rompie.
Prestasies
- In 2022 het ons in liga 1 en liga 2 in totaal 3 spanne in elke liga gehad wat as ligawenners uit die stryd getree het.
- By die Super 12 het ons seuns ‘n algehele 2de plek behaal.
Mini-Netbal o/6 – o/9
Wat is Lolliepop Netbal?
|
Visie
Ons gee aandag aan die volgende aspekte van die ontwikkeling van die kind en die spel netbal:
|
Organiseerder
Me. E Dellemijn
Kontakbesonderhede
edellemijn@lardies.co.za
Spanne
0/7 geen spesifikasie
0/8 A en B ens.
0/9 A, B ens.
0/8 en 0/9 spanne – Mini – netbal Feesdae op geselekteerde Donderdae (Speel Lollipop Netbal)
0/7 – twee mini netbaldae
Mag ek netbal en hokkie speel of moet ek kies? Oefentye word gekorreleer en hokkiewedstryde vind in die derde kwartaal op Saterdae plaas. Netbal se mini–netbaldae vind in die tweede kwartaal en hoofsaaklik in die week plaas. Dogters kan dus albei doen en hoef nie te kies nie.
Netbal o/10 – o/13
Filosofie
Netbal is `n ideale spansport vir enige dogter. Nie net kry hulle die geleentheid om hul fiksheid en vaardighede te verbeter nie, maar word ook blootgestel aan die uitdagings van die lewe naamlik: teleurstelling, deursettingsvermoë, uithouvermoë, hardwerkendheid en sosialisering.
Deelname aan kompetisies
Ons neem deel aan verskeie kompetisies en toernooie:
Vrienskaplike wedstryde word in die eerste kwartaal gespeel ter voorbereiding van die Super 12 en die liga.
Afrigters
- Afrigters woon gereeld kursusse en toernooie by om op hoogte te bly van die nuutste afrigtings tegnieke.
- Elke span word afgerig deur `n bekwame afrigter. Die 7 speelsters kry genoeg aandag.
- Speelsters kry kwaliteit afrigting wat haar potensiaal verbeter.
- Jenny van Dyk (Jaguars en TUKS afrigter) dien as buite afrigter vir 2023
Organiseerder
Me. Elouise Naude
Kontakbesonderhede
012 – 3451031
enaude@lardies.co.za
Oefentye
Oefentye word later deurgegee aan die leerders en ouers.
Gedurende Kwartaal 1 vind proewe en vaardigheids oefeninge plaas.
In Kwartaal 2 neem die kinders deel aan die Ligas & Uitspeelwedstryde
In Kwartaal 4 vind vaardigheidsoefeninge plaas op Dinsdae en Donderdae
Prestasies behaal
2022
- o/12 A kom 6de by Gauteng Uitspele
Bekende Speelsters
Yolandi Brummer
Adele Niemand
Fasiliteite
2 weervastebane 4 grasbane
FIETSRY
Bergfietsry is een van die mees groeiende sportsoorte regoor die wêreld en hou baie voordele in vir kinders. Voordele sluit in:
• Dit is ‘n 100% deelname sport waar leerders die geleentheid kry om die hele tyd deel te neem sonder om langs die veld te staan.
• Dit ontwikkel leerders se vermoë om te focus en konsentreer.
• Dit ontwikkel self-motivering.
• Dit leer en bevorder onafhanklikheid in leerders vanaf ‘n jong ouderdom.
• Dit skep goeie vriendskaps bande.
Ons leerders neem deel aan die Gauteng North School Cycling. Daar is ‘n Hoërskool en Laerskool afdeling. Het in 2022 10de gekom in die reeks en beoog om onder die Top 5 te eindig in 2023. Omdat hierdie sportsoort so groot is in die hoërskole, is dit die perfekte geleentheid om leerders in die laerskool daaraan bloot te stel. Elke leerder wat deelneem ontvang ‘n medalje en daar is selfs aan die einde ‘n geleentheid vir mamma en pappa om ook te ry.
ONS DOEL
Ons doel is om ‘n liefde te ontwikkel vir hierdie sportsoort maar ook om ‘n gesonde leefstyl aan te moedig. Ons beoog om ‘n fietsry familie te skep wat nie net vir die leerders is nie maar selfs vir gesinne om saam deel te neem. Ons wil elke leerder individueel aanmoedig maar ons wil ook as ‘n span saam werk en die skool se naam hoog hou. Ons beoog ook om elke leerder se vaardighede te verbeter. Ons wil ‘wen of verloor’ daar wegstap en God eer vir die talent en geleentheid.
So as daardie fietswiele in u motorhuis smag na ‘n bietjie grondpad en adrenalien, kontak ons gerus.
Jabus Steenkamp
jsteenkamp@lardies.co.za
perdresport
Perdesport is ‘n buitemuurse aktiwiteit wat nie slegs fisiese ontwikkeling soos balans, motoriese koordinase, oog-hand koordinasie en sensoriese integrasie verbeter nie, maar ook kognitiewe vaardighede soos geheue, konsentrasie, luistervaardighede en probleemoplossng.
Min dinge kan vergelyk word met die wonderlike verhouding tussen ‘n ruiter en perd. Volgens navorsing kan perdry kinders se emosionele welstand verbeter. Kinders leer lewenvaardighede bv. selfvertroue, geduld, eerlikheid, verantwoordelikheid en leierskap. Boonop ontwikkel kinders ‘n liefde en respek vir die natuur. Hoewel perdry oënskynlik ‘n duur sport is, is dit een van die beste beleggings wat ‘n ouer in hul kinders se toekoms kan maak.
Deur aan te sluit by Laerskool Elarduspark se Perdesportspan, kan ruiters erkenning kry vir hul prestasies in ‘n groot verskeidenheid perdry dissiplines, afhangende van wat hul privaat ryskool aanbied. Ons talentvolle Lardie ruiters neem jaarliks deel aan SANESA interskole skoue onder die skool se naam.
ONS DOEL
Ons moedig jou graag aan om deel te word van die Lardie perdryspan en sodoende ons skool te verteenwoordig in enige van vyftien verskillende dissiplines bv. skouspring, dresseer, uithouritte, ‘Western Mounted Games’, ‘Mounted Archery’ (sien *SANESA webtuiste). Ruiters wat kwalifiseer kan tot op nasionale vlak deelneem. Ons help graag ouers en ruiters met die logistiek van deelname aan interskole perdesport.
Kontak my gerus vir verdere inligting en leiding indien u kind belangstel om die skool te verteenwoordig in hierdie opwindende sport. Sien uit om u kind binnekort in die interskole arenas te sien!
Mignon Marais
mmarais@lardies.co.za
BOOGSKIET
Lardie boogskiet het al reeds hoe hoogtes bereik. Ons vat hande met Archer’s Edge, ‘n boogskietklub in Moreletapark om die geleentheid vir Lardies te kan moontlik maak.
ORGANISEERDER
Me Surita Burger
Kontak besonderhede: sburger@lardies.co.za
KOSTES
Volgens die Boogskiet Federasies moet ‘n skut aan ‘n klub behoort, om in aanmerking te kom vir Provinsiale en/of Nasionale Kleure. Daar is ‘n eenmalige aansluitingsfooi van R70 en moet jaarliks betaal word aan die Klub (Archers Edge).
OEFENINGE
- R50 per leerder per sessie. (Verlaagde prys vir EP)
- Oefeninge vind plaas by Archer’s Edge in Moreletapark, aangebied deur ‘n instrukteur.
- Indien ‘n leerder nie sy/haar eie boog het nie, kan ‘n boog gehuur word. Die prys sluit die boog en instrukteur in vir die oefensessie.
- Afrigting deur instrukteur vind slegs plaas tydens die skool se oefentye.
- Oefening vind plaas op Dinsdae 16:30 – 17:30 en Donderdae om 15:30 – 16:30.
TOERUSTING
Ouers kan wel hulle eie toerusting vir hulle kinders aanskaf.
- Aankope vir ‘n boog wissel tussen R8000 vir die klein kinderboog tot R15 000, wat alles insluit van Boog, sneller, boogsak, pyle, visier en pylrus.
- Die boë is verstelbaar sodat leerders jaar na jaar daarmee kan deelneem.
- Leerders kry 5% korting wanneer hul ‘n boog by Archer’s Edge aankoop.
- Reëlings kan ook getref word met Archer’s Edge t.o.v. afbetaling van toerusting.
Indien leerders belangstel in boogskiet, maar die aktiwiteit nog nooit van te vore beoefen het nie is u welkom om saam met die lardies te kom en te kyk of die sportsoort vir jou is.
DEELNAME
- Indoor en outdoor kampioenskappe
- Noord-Gauteng
- Suid-Afrikanse kampioenskappe
- Internasionale deelname
PRESTASIES
2022
- Eric Swanepoel & Xuan Nagel verwerf Gauteng Noord kleure.
- Xuan Nagel behaal ook die Wêreld Rekord vir Single Flint Indoor Round (Cubs Male Bowhunter Unlimited) asook die Wêreld Rekord vir One Day Flint | Two Day Standard Round (Cubs Male Bowhunter Unlimited)
HENGEL
Met opgewondenheid bied ons Hengel as ‘n nuwe sportsoort aan vir Lardie kinders en ouers. Toerusting hoef nie aan enige spesifikasies te voldoen nie. Ons doelwit met hengel is hoofsaaklik genot, dus is daar geen verpligting aan die hoeveelheid klub kompetisies waaraan die leerder moet deelneem nie.
Aangesien die skool nie die nodige geriewe het nie, vind Hengel plaas by ‘n klub. Daar is ongeveer 8 aktiewe hengelklubs in die Vereniging. Die Vereniging is ge-affilieer by SAVOF en SASACC wat dan by SASKOK ge-affilieer is. Leerders kan besluit of hulle by ‘n hengelklub wil aansluit of nie. Die klub wat ons aanbeveel is die Centurion Hengelklub. Kompetisies word deur die klub gereël en aan gebeied. Centurion Hengelklub bied pakkette aan waar die ouer en leerder saam kan hengel.
Hoekom deel word van die hengelspan:
- Beide seuns en dogters kan hengel beoefen.
- Deelname aan Hoërskool Waterkloof se interskole hengel kompetisies gee baie blootstelling vir ons leerders.
- Leerders kan provinsiale en nationale kleure werf.
- Hengel leer leerders om hulself te motiveer, selfvertroue en geduld.
- Hulle kan selfs as volwassene steeds hengel, dus is daar jare se ontwikkeling en pret wat voorlê.
Vir enige navrae kontak Mnr Damon Viljoen by damonv@lardies.co.za of Centurion Hengelklub by knopvdm@gmail.com
STOEI
Leerders van Laërskool Elarduspark neem al jare lank deel aan stoei. Stoei vind by verskeie stoeiklubs plaas aangesien die skool nie die geriewe het om dit aan te bied nie. TuksWrestling en Menlo Stoei klub is die twee klubs waar ons Lardies stoei. Oefentye en kompetisies word deur die stoeiklubs gereël en gehandhaaf. Elke klub het hulle eie kostes verbonde.
Twee Lardies het in 2021 weggestap as SA kampioene in hul gewigsafdeling. Ons sien uit om te sien wat die Lardies hierdie jaar kan doen.
DOEL VAN STOEI
Stoei verbeter die fisiese onwikkeling van spiere, balans en krag asook kognitiewe vaardighede soos koördinasie, geheue en konsentrasie. Dit help ook baie vir leerders wat rugby speel.
HOEKOM AAN STOEI DEELNEEM?
Stoei kan deur seuns en meisies beoefen word. Stoeiers leer self dissipline, self motivering, selfvertroue en verantwoordelikheid.
Ons lardies kompeteer op ‘n provinsiale en nationale vlak, en kan self eendag op internationale vlak deelneem.