
Afrikaans HUISTAAL
Kurrikulum
Die Afrikaanse kurrikulum in die Senior Fase berus op dieselfde komponente as in die Intermediêre Fase behalwe dat dit anders gegroepeer is en benoem word. Die fokus bly val daarop om leerders toe te rus met die nodige kennis, vaardighede en ingesteldheid om goeie taalgebruik te kan toepas. Leerders kry ook die geleentheid om kreatief te kan Skryf en Praat, met begrip te kan Lees en te Luister om kennis te kan weergee. Taalstrukture asook Spelling berei leerders voor om woorde korrek te spel en sinvol te kan gebruik.
Benaderingswyse
Afrikaans word in beide die Intermediêre sowel as die Senior Fase aan die hand van spesifieke uitkomstes onderrig en deurlopend geassesseer ten opsigte van die komponente daarvan. Aandag word veral gegee aan die vaslegging, toepassing en die uitbreiding van taal en geletterdheid. Dit word deur prestasie-omskrywings gerekordeer. Vanaf 2020 val daar baie meer fokus op Letterkunde (Lees en Kyk) asook Skryf en Praat en die onderrig daarvan.
Vak-aktiwiteite
Tydens praat-aktiwiteite word leerders die geleentheid gegun om uit te dun vir deelname aan Interne Redenaarskompetisies by die skool. Hierdie kompetisies vind plaas in alle grade en leerders kry die kans om hul sê te sê in Afrikaans. Leerders wat goed presteer tydens hierdie kompetisies kry die geleentheid om aan redenaars-siftingsrondtes deel te neem as moontlike kandidate vir die Super 12- en ATKV-redenaarskompetisies. Hulle kan ook aan jaarlikse olimpiades deelneem.
Ander inligting
Ons leessentrum is ook daar om leerders met uitvalle by te staan. Daar word ook ekstra Afrikaanse klasse aangebied.
English
If you think that English is just an unending series of tenses and word classes, think again!At Laerskool Elarduspark it is the private mission of each English teacher to create a love for the language and to equip the learners to be competent readers and speakers so that they can fully realise their potential in our beautiful country and abroad, because language is the tool for thought and communication.At our school we follow the communicative approach. This means that nothing is taught in isolation, but the relevance of each aspect is explained and context is paramount.
Curriculum
As prescribed by the National Curriculum statement the main emphasis is placed on listening, speaking and reading, writing and language structure and conventions. All our teachers are highly trained and at the forefront of their subject. They frequently attend seminars and workshops to make sure they are equipped and that the learners get the best there is to offer.
Approaches
At Elarduspark we focus on what can be done with language. In order to achieve success in our mission the text-based approach and the communicative approach are followed. In the text-based approach a wide variety of different texts are studied to ensure that the learners become competent, confident and critical readers, writers, viewers and designers of texts. A communicative approach suggests a great deal of exposure to English and many opportunities to produce the language by communicating for social and practical purposes.
Activities
Every learner is encouraged to work hard and try their best. In addition to the normal classroom activities we are proud of our level of public speaking. An Orator’s event is held during the second term for the grade 7-learners. Learners are also chosen to represent our school at the annual Abe Bailey, bilingual competition. Visiting teachers and adjudicators are without fail very impressed with our learner’s competence in both prepared and unprepared speaking.Learners are also encouraged to participate in olympiads and competitions which might arise.We pride ourselves in the fact that we prepare learners to choose between English as First Additional Language or English as Home Language in High School. We regularly receive positive feedback from our neighbouring high schools.
“Language is the blood of the soul into which thoughts run and out of which they grow.” – Oliver Wendell Holmes.
We believe that in the English Department of Laerskool Elarduspark, we equip learners to let their thoughts flow in a free and positive way.
Wiskunde
Kennisvaardighede t.o.v. die vak wiskunde
Die KABV beleid word gevolg en die vak word verdeel in die volgende afdelings:
- Getalle en Bewerkings
- Patrone, Funksies en Algebra
- Ruimte en Vorm ( Meetkunde)
- Meting
- Datahantering
Benaderingswyse:
Graad 7 is die eerste jaar van die Seniorfase naamlik Gr 7 – 9. Dit is ‘n baie belangrike jaar vir die leerders omdat die basis vir Wiskunde op Hoërskoolvlak gelê word sodat die oorgang na Hoërskool glad kan verloop. Wiskunde onderrig is ‘n prioriteit by Laerskool Elarduspark en daarom wil ons elke Lardie toerus met die beste kennis deur kwaliteit onderrig. Hierdie doel kan slegs bereik word deur aan elke leerder intensief aandag te gee en so die behoefte van elke leerder aan te spreek.
Kleingroeponderrig in wiskunde is ingefaseer in 2017 vir Graad 6 en 7 en vir Graad 4 – 5 in 2018. Tydens wiskunde periodes verdeel die klasse in twee kleiner klasse van ongeveer 16 leerders. Die voordele hieraan was gou duidelik sigbaar. Elke leerder kry daagliks individuele aandag van die onderwyser en probleme kan vroegtydig geïdentifiseer word. Inskerping van wiskunde begrippe word daagliks ingeoefen. Leerlinge het groter vrymoedigheid om in die klas deel te neem.
Tegnologie soos dataprojektors en internet toegang in elke klas, maak lesse interaktief, opwindend en interessant.Die wiskunde onderwysers werk nou met mekaar saam om seker te maak dat leerlinge nie verwar word met verskillende onderrigmetodes nie en dat kennis konsentries uitgebrei word van Graad 4 -7.
Deelname aan verrykende wiskunde ervarings:
- Die Wiskunde Olimpiade word deur die Onderwys Departement geïnisieer. Hier kan leerlinge wat ‘n passie vir wiskunde het, meeding teen die leerders van ander skole.
- Conquesta is ‘n uitdaging waaraan leerders in verskeie vakke kan deelneem as ook in wiskunde. Leerders neem na skool deel deur ‘n toets te skryf. ‘n Sertifikaat word volgens prestasie ontvang.
Natuurwetenskap
Wetenskap is ‘n sistematiese manier van soek vir verduidelikings en aaneenskakeling van idees wat ons het. In Wetenskap word sekere metodes van navraag gedoen en ondersoek ingestel. Met die formulering van ‘n hipotese word die ontwerp en uitvoer van eksperimente, ondersoeke wat onderneem word en metodes wat gebruik word, noukeurig ondersoek en gedebateer voordat dit as geldig aanvaar word. Tegnologie word regdeur die geskiedenis aangetref. Mense het ‘n kombinasie van kennis, vaardighede en beskikbare hulpbronne gebruik om oplossings te ontwikkel wat aan hul daaglikse behoeftes en begeertes voldoen.
Kurrikulum
Dit is gerig om leerders geleenthede te bied vir die saamstel van idees wat hulle het oor die natuur sodat hulle sin daarvan maak. Daar is DRIE spesifieke doelwitte:
|
Benaderingswyse
Ons skep ‘n wetenskaplike atmosfeer in ons klasse en die keuse van die inhoud gee ons geleentheid om ‘n wye verskeidenheid van onderrigmetodes te leer en te gebruik. Ons gebruik wetenskap en tegnologie aktiwiteite wat genot, nuuskierigheid en kreatiwiteit aanwakker en ‘n bydrae lewer tot sosiale en gemeenskaps-ontwikkeling. Verskeie ontwerpvaardighede word gebruik byvoorbeeld, toegang tot en herroep van inligting, waarneming, vergelyking, meet, sortering en klassifisering; voorspellings; beplanning en uitvoer van ondersoeke; aantekening en interpretasie van inligting; ontwerp en bou van modelle en die evaluering en verbetering van produkte.
Vak-aktiwiteite
- Interne Wetenskap Ekspo
- Noord-Gauteng Wetenskap Ekspo
- Relevante uitstappies
- Olimpiades
- Ekstraaklasse
Ekonomiese en Bestuurwetenskap
Kurrikulum
Die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is daarop gerig om leerders toe te rus met kennis, vaardighede, waardes en ingesteldhede wat hulle in staat stel om binne ‘n ekonomiese, komplekse samelewing aan te pas, deel te neem en te oorleef. Die vak is daarop gerig om produktiwiteit, sosiale geregtigheid en omgewings-volhoudbaarheid te bevorder.
Benaderingswyse
Ekonomiese en Bestuurswetenskap word aan die hand van spesifieke leeruitkomste onderrig en deurlopend geassesseer. Aandag word veral gegee aan die vaslegging van entrepreneurskap, bestuursvaardighede en finansiële aspekte.
Daar word ook elke kwartaal ‘n formele assesseringsprogram gevolg.
Vak-aktiwiteite
Elke Gr. 7 leerder kry die geleentheid om aan Markdag deel te neem. Hier moet die leerders ‘n sakeplan uitwerk. Hulle moet ook ‘n advertensie maak om hulle produk te adverteer. Tydens Markdag sit hulle ‘n stalletjie op waar die res van die skool hulle produkte kan kom koop. ‘n Formele toets word in die tweede kwartaal geskryf en ‘n formele eksamen in die vierde kwartaal.
Ander inligting
Ekonomiese en Bestuurswetenskap is ‘n vak waar leerders blootgestel word aan ‘n voorloper vir Rekeningkunde, Bedryfsekonomie ens. Hier leer ons op ‘n pret manier van ons Ekonomie.
Skeppende Kunste
Die vak Skeppende kunste bestaan uit 4 kunsvorme naamlik Drama, Dans, Musiek en Visuele Kuns. In Graad 7 word slegs twee kunsvorme aangebied en by Laerskool Elarduspark bied ons Musiek en Visuele Kuns aan. Skeppende Kuns ontwikkel kreatiewe, verbeeldingsryke individue wat ‘n waardering vir ‘n verskeidenheid kunste het. Musiekgeletterheid en Visuele geletterheid word teoreties en prakties onderrig en geassesseer.
Benadering:
Daar word gepoog om sover moontlik praktiese bloootstelling vir leerders te bied, deur die skep van kunswerke byvoorbeeld etswerk, skilderkuns, modelwerk, sketse ens.By musiek word leerders onderrig om musiek te verstaan, self te skep en instrumente te bespreek bv. blokfluit. Baie klem word op praktiese uitvoering in beide kunsvorme geplaas.
Vak Aktiwiteite en Assessering:
Daar word gepoog om ten minste twee praktiese opdragte per kwartaal af te handel. Eksamen word gedurende die 2de en 4de kwartale afgelê.
Sosiale Wetenskap
Kurrikulum
Die vak Sosiale Wetenskap bestaan uit twee vakinhoude naamlik: Geskiedenis en Geografie wat in Gr.7 onderrig word. Sosiale Wetenskap se doelwit is om geleenthede vir elke leerder te skep en om met nuwe, sowel as kritiese oë na die wêreld te kyk. Om leerders bekend te stel aan ‘n wêreld anders as waaraan hul gewoond is.
Sosiale Wetenskap is ‘n vak wat leerders help om kennis op te doen van die verlede, die hede en die toekoms. Voorgeskrewe handboeke en ander bronne word gebruik in Gr 7.
Benaderingswyse
Leerders word gelei om te kan spekuleer, te redeneer, te selekteer, kreatief te dink, na te vors en om vrae te beantwoord. Dit is ‘n ongelooflike interessante vak wat leerders se persepsie verbreed op elke moontlike gebied.
Vak-aktiwiteite en Assessering
Leerders doen deur die jaar projekte, navorsing, take, kreatiewe werk en aktiwiteite wat verwoord word met twee formele assesseringstake in kwartaal 1 en 3 vir in beide Geografie en Geskiedenis. In die tweede kwartaal word ñ formele assessesseringstaak geskryf asook ñ formele toets in Geskiedenis en Geografie. In die vierde kwartaal word net ñ eksamen geskryf in altwee vakinhoude.
Verslae
Leerders kry kwartaalliks verslae met ‘n gemiddelde persentasie vir SW. Daar is egter ook ‘n gemiddelde persentasie vir Geskiedenis en Geografie onderskeidelik.
Lewensoriëntering
In die Senior Fase staan die vak, Lewensvaardigheid, bekend as Lewensoriëntering. Dit bestaan uit twee dele naamlik: Lewensoriëntering en Fisiese aktiwiteite.
In die Senior Fase vorm Kuns en Kultuur nie deel van die vak nie en is Skeppende Kuns ‘n vak op sy eie.
Assessering in Lewensoriëntering
Kwartaal 1 | Kwartaa 2 | Kwartaal 3 | Kwartaal 4 |
LO Taak 1: Geskrewe opdrag 70 Fisiese Akt: Prakties 30 | LO Taak 2: Eksamen 70 Fisiese Akt: Prakties 30 | LO Taak 3: projek 70 Fisiese Akt: Prakties 30 | LO Taak 4: Eksamen 70 Fisiese Akt: Prakties 30 |
Skriftelike opdragte kan die volgende insluit: ontwerp en maak, opdrag, gevallestudie of toets.
Assessering in Fisiese Aktiwiteite
Die fokus van die assessering van hierdie aktiwiteite word in twee breë kategorieë verdeel:
Deelname: Leerders word blootgestel aan ‘n begrip van die waarde van gereelde deelname aan fisiese aktiwiteite. Deelname behoort verdere ontwikkeling, genot en die bou van selfvertroue aan te moedig.
TEGNOLOGIE
Doel
Tegnologie-onderwys is in die Suid-Afrikaanse kurrikulum opgeneem uit erkenning van die behoefte om ingenieurs, tegnici en vakmanne te produseer wat nodig is in die moderne samelewing, asook om die behoefte om ‘n tegnologies geletterde bevolking vir die moderne wêreld te ontwikkel. Die onderwerp stimuleer leerders om innoverend te wees en ontwikkel hul kreatiewe en kritiese denkvaardighede. Dit leer hulle om tyd en materiële hulpbronne effektief te bestuur, bied geleenthede vir samewerkende leer en koester groepswerk. Hierdie vaardighede bied ‘n stewige fondament vir ‘n aantal VOO-vakke sowel as vir die wêreld van werk. Tegnologie in die opvoedkundige konteks, kan gedefinieer word as: Die gebruik van kennis, vaardighede, waardes en hulpbronne om aan mense se behoeftes en begeertes te voldoen deur die ontwikkeling van praktiese oplossings vir probleme, deur sosiale en omgewingsfaktore in ag te neem.
Tegnologie as ‘n vak dra by tot leerders se tegnologiese geletterdheid deur hulle geleenthede te bied om:
• Spesifieke ontwerpvaardighede om tegnologiese probleme op te los, te ontwikkel en toe te pas.
• Die begrippe en kennis wat in Tegnologie-onderwys gebruik word te verstaan en om hulle verantwoordelik en doelgerig te gebruik.
• Die interaksie tussen mense se waardes en houdings, tegnologie, die samelewing en die omgewing te waardeer