Hoe werk fietsry?
Alle Lardies van Graad R tot Graad 7 kan deelneem. Die seisoen strek vanaf Februarie tot Oktober. Daar is 5 ligas waaraan die leerders deelneem. Indien die skool onder die Top 10 in Gauteng eindig, is daar 'n geleentheid om SA's toe te kan gaan.
Leerders kan Gauteng Kleure vir Fietsry verwerf, indien die leerder aan die einde van die seisoen onder die Top 3 eindig in hul ouderdomsgroep.
Ons Doel
Fietsry is 'n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem en bied die geleentheid om hul fisieke grense te toets, selfvertroue en deursettingsvermoë te ontwikkel. Die leerder word verder intellektueel getoets om tegniese roetes te kan aanpak.
Dit leer jou om bewus te wees van die omgewing en ook om vinnig te kan reageer tydens wedrenne. Hulle leer dat daar gesonde, nie-vervuilende maniere is om van een plek na 'n ander te kom! Leerders ontwikkel 'n sin vir verantwoordelikheid deurdat hul eie insette en harde werk tot sukses lei.
Hoekom aan fietsry deelneem?
✓
Verbeter fisieke gesondheid, fiksheid, balans en koördinasie.
✓
Help om stres te verminder en bou selfvertroue.
✓
Leer kinders spanwerk en verantwoordelikheid en bevorder vriendskappe.
✓
Moedig 'n gesonde leefstyl aan — en boonop is dit altyd 'n avontuur!