Mini-Skaak (Gr R ‐ 3)
Die Mini-Skaak program is 'n opvoedkundige program wat in Suid-Afrika ontwikkel is in samewerking met onderwysers en skaakkundiges. Leerders vanaf Gr R tot Gr 3 ontvang weekliks skaakafrigting tydens die akademiese program deur 'n goed opgeleide en ervare skaakafrigter.
Die program fokus op die volgende aspekte:
- Ontwikkeling van vaardighede wat Wiskunde en Wetenskap ondersteun.
- Tegniese- en lewensvaardighede.
- Aktiwiteite so konkreet en visueel moontlik aanbied.
- Leer deur middel van spel.
Senior Skaak
Skaakafrigting word vanaf Januarie tot einde Oktober op Maandagmiddae aangebied deur professionele afrigters. Elke graad word gedurende 'n spesifieke tydsgleuf afgerig.
Gedurende die jaar neem skaakspelers deel aan:
Hoogtepunt
Super 12 Skaak
Vir die spelers wat die hoogste vlak bereik.
Kwartaal 2
Gevorderde Liga
Vir gevorderde spelers wat verder wil uitdaag.
Kwartaal 3
Beginners Liga
Vir spelers wat hul intree-vlak speel.
Op skolevlak neem spelers deel in die o/9, o/11, o/13 ouderdomsgroepe en ook 'n dogterspan. Spelers kan ook registreer by 'n Gauteng-Noord Unie waar hul aan toernooie kan deelneem om uitgenooi te word na Gauteng-Noord proewe en die SA-Junior Skaak Kampioenskappe.
Ons Doel
Skaak stel kinders op 'n vroë ouderdom in staat om verskeie lewensvaardighede te bemeester:
✓
Ontwikkeling van die brein.
✓
Hoe om 'n probleem te analiseer en op te breek.
✓
Fokus op die belangrike en afleibare elemente uitskakel.
✓
Ontwikkeling van logiese denke.
✓
Vermoë om emosies te beteuel.
✓
Bevordering van selfbeheersing en selfvertroue.