Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 ‐ Sport

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Individuele Sport · o/7 – o/13
🏃🏼‍♀️️

Landloop

Voorbereiding vir die Wedloop van die Lewe

Landloop is 'n sportsoort wat deur baie Lardies beoefen word. Oefeninge vind regdeur die jaar plaas en die seisoen vir deelname is April tot September. Alle leerders is welkom om by die oefensessies aan te sluit ‐ landloop is 'n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem.

Junior Groep
o/7 ‐ o/9
Senior Groep
o/10 ‐ o/13
Oefendae
Maandae ‐ Donderdae
Wedloop Kwartale
2 & 3

Hoe werk landloop?

Oefening vind plaas op Maandae tot Donderdae. Wedlope vind plaas in die 2de en 3de kwartaal ‐ gewoonlik op Vrydae en Saterdae.

Daar word jaarliks Junior en Senior Landloopspanne saamgestel om die skool by die Super 12-kompetisie te verteenwoordig. Leerders kan ook Gauteng-Noord Kleure vir landloop verwerf en selfs aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem.

Ons doel

Ons doel is om leerders te ontwikkel ten opsigte van fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë. Die leerder leer dat hy/sy met selfdissipline sy/haar eie vermoëns tot prestasies en sukses kan ontwikkel wat tot hoë hoogtes kan lei.

Leerders ontwikkel 'n sin vir verantwoordelikheid deur te sien dat hul eie insette en harde werk tot sukses lei.

Hoekom aan landloop deelneem?

Leer gesonde eetgewoontes.

Leer hoe om beserings, terugslae en teleurstellings te hanteer.

'n Sport wat op 'n hoë ouderdom steeds beoefen kan word.

Geleenthede om aan SA en Wêreldkampioenskappe deel te neem.

Landloopatlete leer om op te staan wanneer hy/sy val ‐ om sodoende voor te berei vir die wedloop van die lewe wat lei na volwassewording.

Verken meer Sportsoorte

Keer terug na die Sport-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Sport