Mini-Krieket (Gr R ‐ 2)
Mini-Krieket word aangebied vir die Graad R ‐ 2 (o/6 ‐ o/8) seuns. Wedstryde vind op Vrydae en Saterdae plaas. Ons maak gebruik van gekwalifiseerde afrigters wat die spanne afrig en ook betrokke is by die wedstryde.
Die leerders oefen van Maandae tot Vrydae. Die o/6-leerders oefen tydens skooltyd in die oggende en die o/7 en o/8-leerders oefen direk na skool van 13:20 ‐ 14:00. Leerders word reeds van Graad R blootgestel aan die hardebal-krieket en speel van Graad R af met volledige toerusting. In Graad 2 begin hulle met volwaardige krieketwedstryde.
Senior Krieket (o/9 – o/13)
Krieket word aangebied vanaf o/9 - o/13. Laerskool Elarduspark neem deel aan die Suid-Oos Makroskole Liga (o/9 ‐ o/13) en ook die Super 12-Kompetisie vir o/11 en o/13 gedurende die Junie/Julie skoolvakansie. Toere vir ander spanne word ook beplan.
Daar is verskeie fasiliteite beskikbaar — ses krieketnette waar oefening meestal plaasvind, waarvan twee toe nette is waar boulmasjiene gebruik word.
Die Lardie Krieket Akademie
Die Krieket Akademie van die skool word deur 'n privaat maatskappy bedryf, maar loop hand aan hand met die skool se krieket. Die onderwysers is nogsteeds ten volle verantwoordelik vir die skool se krieket, maar van die spanne ontvang hulp vanaf die akademie-afrigters.
Die akademie se funksie is om reg deur die jaar met seuns in ouderdomsgroepe te oefen sodat ons 'n krieket-kultuur voor elke seisoen kan kweek. Die akademie is ook beskikbaar vir Mini-Krieket spelers ‐ selfs vir ons Graad R's word 'n weeklikse program aangebied om 'n liefde vir krieket te kweek.
Hoekom aan krieket Deelneem?
✓
Verbeter hand-oog koördinasie en gesonde liggaamlike ontwikkeling.
✓
Leerders leer om uit te hou en aan te hou ‐ nooit moed op te gee nie.
✓
Selfdissipline, goeie sportmanskap en pligsgetrouheid word aangeleer.
✓
'n Sinvolle spanbou-aktiwiteit waar leerders hul talente kan uitleef.