Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Sport

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Avontuur Sport · Nuut
🎣

Hengel

'n Nuwe Sport vir Lardies & Ouers

Met opgewondenheid bied ons Hengel as 'n nuwe sportsoort aan vir Lardie kinders en ouers. Toerusting hoef nie aan enige spesifikasies te voldoen nie. Ons doelwit met Hengel is hoofsaaklik genot — dus is daar geen verpligting aan die hoeveelheid klub kompetisies waaraan die leerder moet deelneem nie.

Aanbevole Klub
Centurion
Affiliasies
SAVOF, SASACC
Verbond
SASKOK
Klubs in Vereniging
+/- 8

🐟Hoe Werk Hengel?

Aangesien die skool nie die nodige geriewe het nie, vind hengel plaas by 'n klub. Daar is ongeveer 8 aktiewe hengelklubs in die Vereniging. Die Vereniging is geaffilieer by SAVOF en SASACC, wat dan by SASKOK geaffilieer is.

Leerders kan besluit of hulle by 'n hengelklub wil aansluit of nie. Die klub wat ons aanbeveel is Centurion Hengelklub. Kompetisies word deur die klub gereël en aangebied. Centurion Hengelklub bied pakkette aan waar die ouer en leerder saam kan hengel.

💡Hoekom Deel word van die Hengelspan?

Beide seuns en dogters kan hengel beoefen.

Deelname aan Hoërskool Waterkloof se interskole hengelkompetisies gee baie blootstelling vir ons leerders.

Leerders kan provinsiale en nasionale kleure werf.

Hengel leer leerders om hulself te motiveer, selfvertroue en geduld.

Hulle kan selfs as volwassene steeds hengel — jare se ontwikkeling en pret wat voorlê.

Verken meer Sportsoorte

Keer terug na die Sport-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Sport