Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 ‐ Sport

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Individuele Sport · Gr R – o/13
🏃

Atletiek

Massa-deelname & Volle Potensiaal

Atletiek is 'n belangrike sportsoort by Laerskool Elarduspark. Hoewel atletiek 'n individuele sportsoort is, dra elke atleet se prestasie by tot die puntetotaal aan die einde van elke kompetisie. Ons doel is massa-deelname om soveel moontlik leerders die kans te bied om hul potensiaal te ontdek en hul talent tot op die hoogste vlak te ontwikkel.

Ouderdomme
o/7 ‐ o/13
Seisoen
Kwartaal 1 en 4
Super 12
Oktober
Span Grootte
4 ‐ 6 Atlete

Die Atletiek-jaar

Die eerste deel van die atletiekseisoen begin al reeds in die eerste week van Kwartaal 1 en duur tot en met Februarie. Die seisoen skop af met uitdunne en Bokkesport. Daar vind 'n aantal vriendskaplike byeenkomste plaas, gevolg deur die Cluster-byeenkoms, Top 10-kompetisie, Distrik-, Gauteng-, en SA Kampioenskappe.

Die tweede deel van die seisoen begin aan die einde van Kwartaal 3 met uitdunne. In Kwartaal 4 vind verskeie byeenkomste plaas wat as sifting dien vir die Super 12-span. Die Super 12-kompetisie vind in Oktobermaand plaas.

Die span wat aan die byeenkomste deelneem bestaan uit 4‐6 atlete van die o/7 ‐ o/13 ouderdomsgroepe. Die Clusterspan bestaan uit 2 atlete per item, o/7 ‐ o/13. By die Super 12-kompetisie neem 2 atlete per item deel, maar wel in die komende jaar se ouderdomsgroepe ‐ dus neem Gr R-leerders deel as o/7.

Ons doel

Ons doel is massa-deelname om soveel moontlik leerders die kans te bied om hul potensiaal te ontdek in verskeie items en hul talent tot op die hoogste vlak te ontwikkel. Atletiek leer die kind vanaf 'n jong ouderdom om tydens elke deelname self in beheer te wees, besluite te neem, die situasie te oordeel en aan te hou veg, tot aan die einde.

Hoekom aan atletiek deelneem?

Atletiek kweek dissipline en leer atlete om doelgerig en vasberade te wees.

Deursettingsvermoë word aangeleer en atlete leer hoe om terugslae asook welslae te hanteer.

Atletiek is 'n sportsoort waarin atlete kan presteer tot op 'n onbepaalde ouderdom.

Die hele gesin word betrek — hetsy deelnemer, afrigter, toeskouer of ondersteuner!

Wil jy meer leer oor ons ander sportsoorte?

Keer terug na die Sport-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Sport