Dissiplines waaraan ons ruiters deelneem
Wanneer ons ruiters aan verskeie dissiplines deelneem, samel hul punte vir ons skool in:
Dissipline
Dresseer
Tegniese en stylvolle vertonings.
Dissipline
Skouspring
Hindernisse en spronge oor 'n baan.
Dissipline
Uithouritte
Ritte oor lang afstande.
Laerskool Elarduspark ondersteun alle Perdesport-ruiters en moedig ouers aan om hul kinders deel te maak van die skool se span. Ons hoop om u kind binnekort in die interskole arenas te sien!
Ons doel met perdesport
Perdesport is 'n buitemuurse aktiwiteit wat nie slegs fisiese ontwikkeling verbeter nie ‐ soos balans, motoriese koördinasie, hand-oog koördinasie en sensoriese integrasie ‐ maar ook kognitiewe vaardighede soos geheue, konsentrasie, luistervaardighede en probleemoplossing.
Hoekom aan perdesport deelneem?
✓
Kinders leer selfvertroue, geduld, eerlikheid, verantwoordelikheid en leierskap aan.
✓
Kinders ontwikkel 'n liefde en respek vir die natuur.
✓
Min dinge kan vergelyk word met die wonderlike verhouding tussen ruiter en perd.
✓
Erkenning vir prestasies in 'n groot verskeidenheid dissiplines.
Hoewel perdry oënskynlik 'n duur sport is, is dit een van die beste beleggings wat 'n ouer in hul kinders se toekoms kan maak.