Wat doen ons in Toneelklub?
Asemhalingsoefeninge en spraakoefeninge sal gedoen word om sodoende hul uitspraak, intonasie en stemwisseling te bevorder. Hulle fokus op die verskeidenheid vertolkingswyses en karakteriserings van karakters.
Daar word geoefen om voorbereide en onvoorbereide werk voor maats te lewer op kreatiewe wyses. Leerders leer hoe om op te tree op 'n verhoog en kry die geleentheid om verskeie rolle te verteenwoordig "op die planke" en "agter die skerms".
Gr 1 ‐ 3 Toneelgroep
Vir die jonger leerders wat hul eerste verhoog-ervaring kry.
Gr 4 ‐ 7 Toneelgroep
Vir die meer gevorderde dramaspelers met dieper rolverdeling.
Ons spog met altesaam 50 leerders in die Toneelklub.
