Hoe werk Tink-Tinkies?
Oudisies vind aan die begin van hul Gr R jaar plaas. Daar vind ook 'n koorkamp in die skoolsaal plaas, aan die begin van die jaar. Elke jaar word daar 'n nuwe koor gekies, aangesien elke Tink-Tinkie net een jaar mag sing.

Opedag 2026 — Kultuur
Elke jaar word daar 'n nuwe koor gekies aangesien elke Tink-Tinkie net een jaar mag sing. Ons fokus is om 'n liefde vir musiek te kweek en om hul aan te moedig om in hul Laerskoolloopbaan deel te vorm van ons pragtige Juniorkoor.
Oudisies vind aan die begin van hul Gr R jaar plaas. Daar vind ook 'n koorkamp in die skoolsaal plaas, aan die begin van die jaar. Elke jaar word daar 'n nuwe koor gekies, aangesien elke Tink-Tinkie net een jaar mag sing.
Ons doel, visie en missie by die Tink-Tinkies is die ontwikkeling van 'n kind se persoonlikheid, die uitbreiding van woordeskat, die vestiging van musikale kennis asook die storievertelling deur middel van musiek.
Die doel is ook om die koorlid meer selfvertroue te gee en 'n positiewe selfbeeld te bevorder. Koor lei tot selfdissipline en versterk die vermoë om te konsentreer en te fokus.
Ons kweek 'n liefde vir sang van kleins af.
Dit leer die Graad R-maats selfvertroue en dissipline.
Ons leer om in 'n span saam te werk en ontwikkel sosiale vaardighede.
Sing is lekker!
Deelname aan kompetisies soos Centurion Kunstefees en koorfeeste.
Keer terug na die Kultuur-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.