Hoe werk Redenaars?
Oefentye word aangepas volgens leerders se buitemuurs vanaf 14:00 - 17:00. Redenaars vind op provinsiale vlak plaas vanaf Gr 2 - 3, Gr 4 - 5 en Gr 6 - 7. Die Gr 1's neem wel intern deel in Kwartaal 4.
Redenaars word op die volgende wyse gekeur: Tydens Interne Redenaars kompetisies wat jaarliks in elke graad plaasvind, kry leerders die geleentheid om deel te neem. Leerders wat goed presteer word die geleentheid gegun om aan siftingsrondtes aan die begin van die jaar deel te neem waar moontlike kandidate vir die Super 12 sowel as die ATKV-Redenaarskompetisies gekies word.
Verder deur die jaar kry leerders ook die geleentheid om aan ander kompetisies soos Kansvatter Redenaars en ATKV DigiPraat deel te neem. Ouers skryf self vir laasgenoemde kompetisies in.
Name van bekwame persone wat gebruik kan word vir hulpverlening met die skryf van toesprake kan op versoek verskaf word.
