Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Kultuur

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Koor · Gr 1 ‐ 3
🎶

Juniorkoor

'n Helder, Suiwer Kinderkoorklank

Die Juniorkoor is 'n jaar-aktiwiteit (Januarie tot November) vir Gr 1 - 3 leerders. Daar word deelgeneem aan die Super 12-kompetisie, ATKV Applous koorkompetisie, verskeie kunswedstryde en koorfeeste saam met ander skole se kore.

Graad
Gr 1 ‐ 3
Oefendae
Maandag & Woensdag
Oudisies
Einde Kwartaal 3
Koordrag
Verskaf

Oefeninge & oudisies

Oefeninge vind plaas op Maandae en Woensdae van direk na skool tot 14:30. Oudisies word gehou aan die einde van die 3de kwartaal. Daar word geluister na elke Graad R-leerder in ons Graad R sentrum, asook elke Graad 1 en 2 leerder wat graag in die koor wil sing.

Aan die begin van 'n nuwe jaar word daar ook geluister na leerders wat in ander kleuterskole was, asook die nuwe Gr 1, 2 en 3 leerders.

In Februarie word 'n koorkamp in die saal gehou. Die kamp vind op 'n Vrydag (na skool tot 17:00) en Saterdag (09:00 tot 15:00) plaas. Addisionele oefeninge in die aand (17:00 - 19:00) vind ook plaas in die 2 weke voor ATKV Applous en Super 12, gewoonlik in Mei-maand.

Koordrag word deur die skool aan leerders verskaf.

Ons doel

Ons streef na 'n helder, suiwer, ligte, ongeforseerde kinder koorklank wat kan dien as voedingskoor vir die Seniorkoor. Ons doel is om 'n koor op die been te bring waarop ons skool opreg trots kan wees en waar 'n liefde vir musiek gekweek kan word.

Hoekom aan Juniorkoor deelneem?

Ontwikkel 'n kind se persoonlikheid.

Bou selfvertroue en positiewe selfbeeld.

Lei tot selfdissipline.

Versterk die vermoë om te konsentreer.

Bevorder sosiale vaardighede.

Lei tot intellektuele ontwikkeling.

Leer kinders om hul talent met ander te deel.

"Ons musici bereik mense deur musiek soos boeke en sprekers dit nie kan doen nie, want musiek sny diep, dit klink tot in die binneste van die hart." — Leonard Bernstein

Verken meer Kultuur-aktiwiteite

Keer terug na die Kultuur-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Kultuur