Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Kultuur

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Spraak & Kommunikasie
🎤

Redenaars

Praat met Selfvertroue

By Laerskool Elarduspark vorm ons redenaars wat op hulle voete kan dink. Ons neem aan verskeie kompetisies deur die jaar deel en leerders word hiervoor afgerond. Daar is baie geleentheid vir die leerders om te groei.

Oefentye
14:00 ‐ 17:00
Provinsiaal
Gr 2 ‐ 7
Interne Redennars
Kwartaal 2-3; Gr 1 in kwartaal 4
Kompetisies
Super 12, ATKV

Hoe werk Redenaars?

Oefentye word aangepas volgens leerders se buitemuurs vanaf 14:00 - 17:00. Redenaars vind op provinsiale vlak plaas vanaf Gr 2 - 3, Gr 4 - 5 en Gr 6 - 7. Die Gr 1's neem wel intern deel in Kwartaal 4.

Redenaars word op die volgende wyse gekeur: Tydens Interne Redenaars kompetisies wat jaarliks in elke graad plaasvind, kry leerders die geleentheid om deel te neem. Leerders wat goed presteer word die geleentheid gegun om aan siftingsrondtes aan die begin van die jaar deel te neem waar moontlike kandidate vir die Super 12 sowel as die ATKV-Redenaarskompetisies gekies word.

Verder deur die jaar kry leerders ook die geleentheid om aan ander kompetisies soos Kansvatter Redenaars en ATKV DigiPraat deel te neem. Ouers skryf self vir laasgenoemde kompetisies in.

Name van bekwame persone wat gebruik kan word vir hulpverlening met die skryf van toesprake kan op versoek verskaf word.

Ons doel

Ons streef daarna om leerders van Laerskool Elarduspark toe te rus met die nodige vaardighede om suksesvol die toekoms aan te pak. Om jou man te staan en jou sê te sê, kan waarde toevoeg tot enige kind se lewe.

Hoekom aan Redenaars deelneem?

Leerders ontvang die nodige erkenning vir deelname.

Jaarliks word "Redenaar van die jaar" aangewys in Gr 1-3, Gr 4-5 en Gr 6-7.

Leerders kry van vroë ouderdom af die geleentheid om selfstandig te dink.

Praat met selfvertroue voor mense.

Leer om verantwoordelik te wees.

Verken meer Kultuur-aktiwiteite

Keer terug na die Kultuur-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Kultuur