Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Kultuur

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Tegnologie &iddot; Gr 4 – 7
📱

Multi-Media

Tegnologie op 'n Kreatiewe Wyse

Die toekoms van tegnologie is kleurvol en opwindend! Tegnologie maak dit wat eens onmoontlik was, moontlik. Die Multi-Media Klub leer Lardies om tegnologie op 'n kreatiewe wyse te gebruik en benut.

Graad
Gr 4 ‐ 7
Tipe
Buitemuurs
Tema
Elke kwartaal nuwe tema
Saam met
Kundiges

Wat ons leer in Multi-Media

Tydens die sessies sal leerders toegerus word in verskeie multi-media aspekte:

Aspek 1

Ontwerp

Grafiese ontwerp en lay-out beginsels.

Aspek 2

Foon Fotografie

Hoe om indrukwekkende foto's met 'n selfoon te neem.

Aspek 3

Videografie

Video skiet, redigeer en stories vertel.

Aspek 4

Google

Gebruik van Google se tools en hulpmiddele.

Die buitemuurse aktiwiteit is slegs vir Graad 4 tot 7 leerders. Ons beoog om elke kwartaal iets nuut en interessant aan te leer!

Hoekom aan Multi-Media deelneem?

Leer tegnologie kreatief gebruik.

Toegerus in ontwerp, fotografie en videografie.

Elke kwartaal iets nuut en interessant.

Werk saam met die Kunsklub vir die jaarlikse Kunsuitstalling.

Die Multi-Media Klub roep jou!

Verken meer Kultuur-aktiwiteite

Keer terug na die Kultuur-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Kultuur