Oefeninge & oudisies
Oefeninge vind plaas op Maandae en Woensdae van direk na skool tot 14:30. Oudisies word gehou aan die einde van die 3de kwartaal. Daar word geluister na elke Graad R-leerder in ons Graad R sentrum, asook elke Graad 1 en 2 leerder wat graag in die koor wil sing.
Aan die begin van 'n nuwe jaar word daar ook geluister na leerders wat in ander kleuterskole was, asook die nuwe Gr 1, 2 en 3 leerders.
In Februarie word 'n koorkamp in die saal gehou. Die kamp vind op 'n Vrydag (na skool tot 17:00) en Saterdag (09:00 tot 15:00) plaas. Addisionele oefeninge in die aand (17:00 - 19:00) vind ook plaas in die 2 weke voor ATKV Applous en Super 12, gewoonlik in Mei-maand.
Koordrag word deur die skool aan leerders verskaf.
