Hoe werk Bybelvasvra?
Ons is vanaf Maart tot Oktober besig met Bybelvasvra. Graad 4 - 7 leerders neem aan die Bybelvasvra deel.
Ons neem deel aan:
Skoolvlak
Super 12 Bybelvasvra
Die hoogtepunt op skoolvlak met die top skole.
Nasionaal
Rapportryers Kompetisie
Die Rapportryers se Nasionale Bybelvasvra kompetisie.
Ons doel
Die wenmotief is nie die fokus van die Bybelvasvra nie. Natuurlik wil ons graag hê dat die leerders wat deelneem werksbevrediging ervaar. Ons wil ook ons skoolgemeenskap trots maak.
Die hoofdoel is egter eerstens om kinders toe te rus met deeglike Bybelkennis sodat hulle geloof versterk sal word en hulle Christelike ambassadeurs in die wêreld sal wees. Wen en goeie prestasie is 'n bysaak.
Daar is akademies baie voordele vir leerders wat deelneem ‐ dit verbeter lees-, leer- en memoriseringsvaardighede. Omdat die Bybelvasvra in spanverband plaasvind, ontwikkel dit spanwerk en probleemoplossingsvaardighede.
Bybelvasvra is pret!
Hoekom aan Bybelvasvra deelneem?
Elke ouer wens om 'n toegeruste en beginselvaste jong volwassene die wêreld in te stuur. Op hierdie pad van selfontwikkeling speel Bybelvasvra 'n onontbeerlike rol.
Die liefde vir die Bybel en die waarhede daarin opgesluit sal lewenslank by leerders bly. 'n Jong mens, vas en seker van waarheen hy/sy op pad is ‐ dis die eindpunt waarna die Bybelvasvra strewe.