Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Sport

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Spansport · Seuns & Dogters
🏑

Mini-Hokkie & Hokkie

Ongelooflike Groei en Geleentheid

Hokkie het oor die laaste jaar ongelooflike groei ervaar ‐ 'n goeie aanduiding dat ons op die regte pad is. Van Mini-Hokkie vir Gr 1 ‐ 3 tot Senior Hokkie wat aan Liga-wedstryde, Northerns-proewe en die Super 12 deelneem, bied ons 'n volledige hokkie-program aan vir seuns en dogters.

Mini-Hokkie
o/7 ‐ o/9
Senior Hokkie
o/10 ‐ o/13
Hoofseisoen
Kwartaal 2 & 3
Spesiale Velde
Mini-Astro

Mini-Hokkie (Gr 1 ‐ 3)

Die Graad 1 tot 3 (o/7 – o/9) seuns en dogters speel mini-hokkie. Mini-hokkie oefeninge begin reeds in die tweede kwartaal, een keer per week. In die derde kwartaal geskied twee oefeninge per week. Spelers neem deel aan rondomtalie wedstryde.

Die Graad R seuns en dogters speel ook mini-hokkie. Seuns oefen op 'n Dinsdag en dogters op 'n Donderdag. Alhoewel daar geen formele wedstryde is nie, is dit die ideale bekendstelling van hokkie as 'n sport.

Senior Hokkie (o/10 ‐ o/13)

Hokkie is 'n spansport wat aangebied word vir beide seuns en dogters vanaf o/10 tot o/13. Spelers kry die geleentheid om aan die volgende deel te neem:

  • Liga-wedstryde ‐ hoofseisoen Kwartaal 2 (o/11) en Kwartaal 3 (o/10; o/12 - o/13)
  • Northerns-proewe ‐ vir o/12 en o/13 spelers
  • Super 12 Kompetisie ‐ vir die 1ste spanne
  • Addisionele toernooie van o/10 tot o/13

Hokkie oefeninge begin reeds gedurende Kwartaal 2. Spanne word deur 'n paneel van keurders gekies tydens proewe. Ons spog ook met afrigters wat betrokke is by die afrigting en bestuur van Northerns hokkie.

Ons doel

Daar word gepoog om 'n liefde vir die spel van hokkie by spelers te ontwikkel. Basiese vaardighede word ontwikkel en spelers leer ook hoe om die spel te "lees"/insig te ontwikkel. Samewerking tussen spelers word ontwikkel aangesien hokkie 'n spansport en nie 'n een-man-sport is nie.

Ons streef daarna om spelers meer geleenthede te gee om op 'n groot veld en Astro te oefen en wedstryde te speel, deur gebruik te maak van ons buurskole soos Hoërskool Waterkloof. Verder is ons baie opgewonde om ons spelers meer geleenthede tuis op ons eie mini-Astro te bied.

Hoekom aan Hokkie deelneem?

Vaardigheid om hom-/haarself in die samelewing te integreer.

Goeie en gesonde verhoudings bou.

Wen en verloor met grasie aanvaar.

Ander se prestasies te vier en te erken.

Saam te werk in 'n variasie van situasies.

Selfstandig die lewenspad aan te durf.

Verken meer Sportsoorte

Keer terug na die Sport-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Sport