Individuele Sport
⛳
Gholf
Kweek 'n Liefde vir die Spel
Gholf is vir baie spelers soos 'n toevlugsoord; wanneer ek op die baan uitkom is dit net ek, die baan en die spel ‐ ek is vir daardie tydperk in 'n ander wêreld. Ons filosofie is om etiese en talentvolle gholfspelers te kweek asook 'n liefde vir gholf by die leerders aan te wakker.
"Dit maak nie saak hoe goed jy is nie, jy kan altyd beter word, en dit is die opwindende deel." — Tiger Woods
Hoe werk gholf?
Gholfproewe vind aan die einde van kwartaal 3 plaas. Leerders by Laerskool Elarduspark neem elke jaar deel aan die Oos-Distrik Gholf Liga. Die Liga vind in die vierde kwartaal plaas. Die top agt leerders verteenwoordig die skool teen die beste skole in die Ooste.
Daar word op Maandae op verskeie bane in Pretoria gespeel en die wedstryde strek oor vier weke. Nog 'n hoogtepunt is die Super 12-kompetisie wat ook jaarliks in die vierde kwartaal plaasvind. Hier speel die beste vier gholfers van die skool teen die beste van die beste. Die kompetisie strek oor twee dae en leerders groei tot jong, opkomende sportsterre.
Ons doel
Die klem van gholf op laerskoolvlak val op die bekendstelling van leerders aan gholf en die ontwikkeling van basiese gholfvaardighede. Ons wil verseker dat elke gholfspeler tot hulle volle potensiaal sal ontwikkel en tot 'n trotse gholfer kan groei wat die waardes van hierdie sport kan uitleef.
Hoekom aan gholf deelneem?
✓
Gholf verbeter spelers se aandag en volharding.
✓
Bou die karakter van ons sportsterre.
✓
Belangrike lewenslesse word geleer.
✓
'n Goeie sportmangees word deurgaans aangemoedig — en gholf is pret!