Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Sport

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Individuele Sport · Sedert 2021
🏹

Boogskiet

'n Sport vir die hele Familie

Boogskiet word vanaf 2021 as sportsoort by ons Laerskool Elarduspark aangebied, in samewerking met Archer's Edge Boogskietklub. Afrigting vind een keer 'n week plaas met twee tydgleuf opsies, en ons Lardies verteenwoordig die skool by SANFIAA-kompetisies.

Dinsdae
16:30 – 17:30
Donderdae
15:30 – 16:30
Vennoot
Archer's Edge
Federasie
SANFIAA

Hoe werk boogskiet?

Afrigting vind per groep, een keer per week plaas. Leerders kan kies tussen twee tydgleuwe: Dinsdae van 16:30 ‐ 17:30 of Donderdae 15:30 ‐ 16:30, in samewerking met Archer's Edge Boogskietklub.

Lardies het ook die geleentheid om meer as net die skool se oefentye by te woon en mag deur die loop van die week ekstra tyd op die baan insit. Elke oefensessie het kostes aan verbonde.

Elke Lardie-boogskut moet self 'n boog bekom of reël om een weekliks te huur. Ons Lardies verteenwoordig die skool by SANFIAA (South African National Indoor and Field Archery Association) kompetisies.

Ons doel

Leerders verbeter hul fisiese ontwikkeling van spiere sowel as balans en hand-oog koördinasie ‐ om maar net 'n paar te noem. Dit help ook met kognitiewe vaardighede ontwikkel soos koördinasie, geheue en konsentrasie.

Hoekom aan boogskiet deelneem?

Kan deur die hele familie as 'n sport saam beoefen word.

Leerders leer om hulself te motiveer.

Selfvertroue en verantwoordelikheid word aangeleer.

Kan as volwassene steeds beoefen word ‐ baie jare se pret.

Prestasies op nasionale en internasionale vlak moontlik.

Verken meer Sportsoorte

Keer terug na die Sport-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Sport