Toelatingskriteria
Die voornemende leerder moet Afrikaans, wat die skool se voertaal is, sodanig bemeester het dat sy/haar onderrig en opvoeding nie skade sal ly nie.

Opedag 2026 — Algemene Inligting
Hier vind u die belangrikste inligting oor ons skool: toelatingskriteria, ouer-onderneming, skoolure, huidige skoolgelde en ons dissiplinêre benadering. Vir die volledige inskrywingsproses, besoek die Inskrywings-bladsy.
Die voornemende leerder moet Afrikaans, wat die skool se voertaal is, sodanig bemeester het dat sy/haar onderrig en opvoeding nie skade sal ly nie.
Ouers moet by die inskrywing van 'n leerder 'n vorm onderteken waarin u die volgende onderneem — Ek/ons aanvaar:
Skooltoesig Maandag tot Vrydag: 06:30 ‐ 17:30
2026 Graad R skoolgelde is R44 740-00 per leerder ‐ 1 Kurrikulumfooi + 10 maandelikse betalings (Feb-Nov).
2026 se skoolgelde is R31 750-00 per leerder — 1 Kurrikulumfooi + 10 maandelikse betalings (Feb-Nov).
2026 se naskoolgelde is R16 285-00 per leerder — 1 Registrasiefooi + 11 maandelikse betalings (Jan-Nov).
Die Kurrikulumfooi vir 2027 is reeds goedgekeur deur 'n kworum ouers op die Algemene Jaarvergadering van 2025. Hierdie bedrae is nie nou al betaalbaar nie. Meer inligting sal in September deur middel van 'n omsendskrywe aan alle ingeskrewe ouers deurgestuur word.
Skool- en Naskoolgelde vir 2027 word tydens die Algemene Jaarvergadering wat op Maandag, 2 November 2026 gehou word, vasgestel.
Dissipline is van kardinale belang. Laerskool Elarduspark se gedragskode is opgeneem in die leerder-dagboek wat aan elke leerder beskikbaar gestel word. Vergewis uself asseblief daarvan.
Dissipline word deurentyd gehandhaaf in Graad R. Ons maak gebruik van 'n robotstelsel:
Tydens kwartaal 1 word dissipline hanteer op 'n stelsel waar die kind gewaarsku word en waar elke onderwyseres dissipline hanteer soos nodig. Indien daar 'n daadwerklike probleem is sal die ouers onmiddellik in kennis gestel word.
Vanaf kwartaal 2 word daar streng volgens die skool se gedragskode opgetree. Inskrywings word toegeken vir oortredings en detensie word as straf gegee.
Besoek die Inskrywings-bladsy vir die volledige inskrywingsproses.