Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Akademie

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
STEM-onderrig · Gr 1 – 7
🤖

Robotika

Kennis Kweek Innovasie!

Robotika is 'n Akademiese aktiwiteit. Tans het Graad 1 tot 6 Robotika as vak gedurende skooltyd. Die robotika vak is nie net programmering nie, maar ook rekenaarvaardighede, internet-veiligheid, digitale burgerskap en sosiale media. Daar is ook 'n buitemuurse robotika program.

As akademiese Vak
Gr 1 ‐ 6
Buitemuurs
Gr 1 ‐ 7
Seisoen
Jan ‐ Nov
Aanbieder van buitemuurs
RobotExplorers

Hoe erk Robotika?

Graad 1 tot 6 het tans Robotika as vak gedurende skooltyd. Die robotika vak is nie net programmering nie — dit sluit ook in:

  • Rekenaarvaardighede
  • Internet-veiligheid
  • Digitale burgerskap en sosiale media
  • Eenvoudige elektronika
  • Sensors en mikrokontroleerders
  • Verskeie ander opwindende programme

Laerskool Elarduspark het ook 'n buitemuurse robotika program. Dit verskil egter van die robotika vak, aangesien daar van ander robotte en programme gebruik gemaak word en daar minder leerders per klas is. Buitemuurse afrigting vind plaas vir Graad 1 - 7 vanaf Januarie tot November en word tussen Maandag en Vrydag geskeduleer teen 'n addisionele fooi wat direk aan RobotExplorers betaalbaar is.

Kompetisies waaraan ons deelneem

Internasionaal

First LEGO League

Globale kompetisie vir robotika spanne.

Internasionaal

World Robotic Olympiad

Wêreldwye geleentheid om Lardies te verteenwoordig.

Provinsiaal

Gauteng Robotics Challenge

Gauteng se top robotika spanne.

Ons skool is ook deel van 'n Robotika liga wat een maal per kwartaal plaasvind.

Ons doel

Die Robotika-program by Laerskool Elarduspark poog om leerders bloot te stel aan Ingenieurswese en Programmering ‐ sogenaamde STEM. Deur die loop van die lesse word leerders blootgestel aan die wonderlike wêreld van meganika en kodering.

Buiten dat hulle leer hoe om te kodeer, leer hulle ook:

Rekenaarvaardighede

Toegepaste wiskunde

Probleemoplossing

Spanwerk

Deursettingsvermoë

Fynmotoriese vaardighede

Beplanning en tydsbestuur

Hoekom aan Robotika deelneem?

Met die Robotika-kurrikulum word leerders aan programmering, ingenieurs-beginsels en STEM-leer blootgestel wat hulle leer om probleme en die wêreld op 'n nuwe manier te benader.

Robotika verhoed dat leerders bang is om nuwe tegnologie uit te toets. Wanneer hulle verstaan hoe 'n rekenaar dink en praat, sal hulle weet wat moontlik is en wat nog gedoen kan word.

Kennis kweek innovasie!

Verken meer Akademiese Aktiwiteite

Keer terug na die Akademie-oorsigblad.

Terug na Akademie