Ons akademiese doelwitte
Leerders voor te berei vir die toekoms.
Hoë akademiese standaarde te stel en te handhaaf.
Leerders tot hul volle potensiaal te ontwikkel.
Kritiese denke en selfstandige leer te ontwikkel.

Opedag 2026 — Akademie
Die leerders van Laerskool Elarduspark se akademie, emosionele en geestelike vorming is die kern van ons onderrig. Ons doelwit op akademiese gebied is om leerders voor te berei vir die toekoms en hulle tot hul volle potensiaal te ontwikkel.
Leerders voor te berei vir die toekoms.
Hoë akademiese standaarde te stel en te handhaaf.
Leerders tot hul volle potensiaal te ontwikkel.
Kritiese denke en selfstandige leer te ontwikkel.
Die rol van 'n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroë en verdere ontwikkeling.
Onderwysers moet toegewyd, gemotiveerd en entoesiasties wees. Deeglike beplanning en voorbereiding is van kardinale belang.
Kontroleer daagliks u kind se huiswerk, indien enige, en teken dit af. Maak seker dat u, u kind se toetse sien en teken. Spreek hom/haar aan oor die verantwoordelikheid ten opsigte van huiswerk en die afskryf daarvan.
Wees betrokke, maar moet nie vir die leerder alles doen nie!
Wiskunde-onderrig is 'n prioriteit by Laerskool Elarduspark. Ons wil elke Lardie toerus met die beste kennis deur kwaliteit onderrig — en hierdie doel kan slegs bereik word deur aan elke leerder intensief aandag te gee.
Kleingroeponderrig in wiskunde is ingefaseer in 2017 vir Graad 6 en 7, en in 2018 vir Graad 4 en 5. Tydens wiskunde-periodes verdeel die voogklasse in twee kleiner klasse van ongeveer 16 leerders.
Elke leerder kry daagliks individuele aandag.
Probleme kan vroegtydig geïdentifiseer word.
Inskerping van wiskundige begrippe word daagliks ingeoefen.
Leerders het groter vrymoedigheid om deel te neem.
Tegnologie soos dataprojektors, spinnekoppe en internet in elke klas.
Wiskunde-onderwysers werk nou saam sodat leerders nie verwar word met verskillende onderrigmetodes nie.
Kennis word konsentries uitgebrei van Graad 4 tot 7.
Keer terug na die Akademie-oorsigblad.