Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Akademie

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Verpligte Navorsing · Gr 4 ‐ 7
🔬

Wetenskap Ekspo

Die Wetenskaplike Metode in Aksie

Departementele riglyne volgens KABV bepaal dat Wetenskaplike ondersoeke deur leerders beplan en uitgevoer moet word in NW en NW & Teg. Hier by Laerskool Elarduspark word al die leerders van Gr 4 - 7 verplig om in die tweede kwartaal 'n Navorsingsondersoek in te handig.

Grade
Gr 4 &n=dash; 7
Inhandig
Kwartaal 2
Tipe
Verpligtend
Verder
Eskom & NG Ekspo

Hoe werk dit?

Al die leerders van Gr 4 - 7 word verplig om in die tweede kwartaal 'n Navorsingsondersoek in Natuurwetenskap en Tegnologie in te handig. Dit is deel van die akademiese opdragte en 'n gedeelte daarvan word op die tweede kwartaal se rapport aangedui.

Die kind moet tydens navorsing die wetenskaplike metode gebruik. Dit is nie net 'n eksperiment wat gedoen en in die klas gedemonstreer word nie. Indien daar 'n eksperiment by betrokke is, moet daar agtergrondinligting daaroor wees.

Ons doel

Ons poog om ouers die geleentheid te gee om betrokke te raak by die bemagtiging van hul kinders deur hulle betrokke te kry by hul kinders se navorsing.

Die ervaring van blootstelling aan navorsing deur die gebruik van die wetenskaplike metode is van onskatbare waarde in die hoërskool en tydens tersiëre onderrig.

Hoekom aan Wetenskap Ekspo deelneem?

'n Wonderlike geleentheid vir ouer en kind om innoverend saam te werk.

Blootstelling aan die wetenskaplike metode.

Voorbereiding vir hoërskool en tersiëre onderrig.

Geleentheid om elke jaar 'n aantal ekspo-take vir die Noord-Gauteng Ekspo in te skryf.

Geleentheid vir die Eskom Ekspo.

Lardies presteer elke jaar goed.

Leerders word deur 'n keuringsproses aangewys om aan hoër-vlak Ekspo's deel te neem.

Verken meer Akademiese Aktiwiteite

Keer terug na die Akademie-oorsigblad.

Terug na Akademie