Wat ons doen by die kunsklub
By die kunsklub leer leerders om te eksperimenteer met verskillende kunselemente en gebruik die basiese kuns-beginsels om hul eie idees te ontgin in die vorm van 'n kunswerk.
Hier kry Lardie Legends 'n omgewing van vryheid om hul kreatiewe denke te stimuleer en te ontwikkel.
Jaarlikse kunsuitstalling
Met groot opgewondenheid kan ons uitsien na ons jaarlikse Kunsuitstalling wat beplan word saam met die Multimedia-klub.
Hier leer die leerders nie net om 'n kunswerk te skep nie, maar ook om kuns in geheel te waardeer.
Hoekom aan visuele kuns deelneem?
✓
Stimuleer en ontwikkel kreatiewe denke.
✓
Bied 'n omgewing van vryheid om jouself uit te druk.
✓
Eksperimenteer met verskillende kunselemente en beginsels.
✓
Ontwikkel waardering vir kuns in geheel.