Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Kultuur

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Geloof · Gr 4 – 7
📖

Bybelvasvra

'n Liefde vir die Woord van die Here

Die missie van die Bybelvasvra is om op 'n prettige wyse 'n liefde vir die Woord van die Here te kweek terwyl dit kennis van die Bybel verbeter. Ons neem deel aan die Super 12 - Bybelvasvra kompetisie asook die Rapportryers se Nasionale kompetisie.

Graad
Gr 4 ‐ 7
Seisoen
Maart – Okt
Hoogtepunt 1
Super 12
Hoogtepunt 2
Rapportryers SA

Hoe werk Bybelvasvra?

Ons is vanaf Maart tot Oktober besig met Bybelvasvra. Graad 4 - 7 leerders neem aan die Bybelvasvra deel.

Ons neem deel aan:

Skoolvlak

Super 12 Bybelvasvra

Die hoogtepunt op skoolvlak met die top skole.

Nasionaal

Rapportryers Kompetisie

Die Rapportryers se Nasionale Bybelvasvra kompetisie.

Ons doel

Die wenmotief is nie die fokus van die Bybelvasvra nie. Natuurlik wil ons graag hê dat die leerders wat deelneem werksbevrediging ervaar. Ons wil ook ons skoolgemeenskap trots maak.

Die hoofdoel is egter eerstens om kinders toe te rus met deeglike Bybelkennis sodat hulle geloof versterk sal word en hulle Christelike ambassadeurs in die wêreld sal wees. Wen en goeie prestasie is 'n bysaak.

Daar is akademies baie voordele vir leerders wat deelneem ‐ dit verbeter lees-, leer- en memoriseringsvaardighede. Omdat die Bybelvasvra in spanverband plaasvind, ontwikkel dit spanwerk en probleemoplossingsvaardighede.

Bybelvasvra is pret!

Hoekom aan Bybelvasvra deelneem?

Elke ouer wens om 'n toegeruste en beginselvaste jong volwassene die wêreld in te stuur. Op hierdie pad van selfontwikkeling speel Bybelvasvra 'n onontbeerlike rol.

Die liefde vir die Bybel en die waarhede daarin opgesluit sal lewenslank by leerders bly. 'n Jong mens, vas en seker van waarheen hy/sy op pad is ‐ dis die eindpunt waarna die Bybelvasvra strewe.

Verken meer Kultuur-aktiwiteite

Keer terug na die Kultuur-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Kultuur