Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Kultuur

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Koor · Gr 4 ‐ 7
🎼

Seniorkoor

Musiek is 'n Universele Taal

Die doel van die Seniorkoor is om sangtalent van die leerders te ontgin en te ontwikkel. Aangesien dit ons missie is om leerders holisties te ontwikkel, is die kooraktiwiteit van onskatbare waarde — dit leer kinders dissipline, deursettingsvermoë en uithouvermoë.

Graad
Gr 4 ‐ 7
Oefendae
Maandag & Woensdag
Seisoen
Januarie ‐ November
Koorkamp
Februarie

Oefeninge & kompetisies

Seniorkooroefeninge is vir Graad 4 - 7 leerders en vind plaas op Maandae en Woensdae van Januarie tot November. Daar word deelgeneem aan:

  • Super 12 Koorkompetisie
  • Verskeie kunswedstryde
  • Koorfeeste saam met ander skole se kore
  • ATKV Applous koorkompetisie

Oudisies word gehou aan die einde van elke jaar. Daar word na elke Graad 4-6 leerder wat graag in die koor wil sing, geluister. Aan die begin van 'n nuwe jaar word ook geluister na leerders wat van ander skole af kom.

Een van die hoogtepunte is ons koorkamp wat in Februarie plaasvind. Addisionele oefeninge vind ook plaas in die weke voor Super 12, gewoonlik in Mei maand.

Ons doel

Die doel van koorsang is nie net om kinders holisties te ontwikkel nie, maar ook om kulturele grense oor te steek en 'n bewusmaking by elke leerder te kweek dat musiek 'n universele taal is.

Ons kweek 'n liefde vir koorsang sodat hul in die Hoërskool en op Tersiëre vlak steeds 'n waardering daarvoor het. Dit is een van die min aktiwiteite waar hul tot op so 'n hoë vlak steeds kan deelneem.

Om hierdie uiteindelik reg te kry, is die enigste beloning wat ons vir koorlede kan gee wat hard oefen, gereelde optredes.

Hoekom aan Seniorkoor deelneem?

Koor ontgin 'n kind se persoonlikheid.

Selfvertroue en 'n positiewe selfbeeld word gekweek.

Lei tot die ontwikkeling van selfdissipline.

Bevorder sosiale vaardighede.

Kinders leer die waarde daarvan om hul talent met ander te deel.

Prestasies by Super 12, ATKV-Applous en kunswedstryde.

Verken meer Kultuur-aktiwiteite

Keer terug na die Kultuur-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Kultuur