Hoe werk Algemene Kennis?
Die Algemene Kennis begin alreeds in die eerste week van die eerste kwartaal en gedurende September maand vind die Super 12 deelname as hoogtepunt plaas. In Oktober word die volgende jaar se deelnemers reeds vir deelname gekies.
'n Aantal vriendskaplike kompetisies vind gedurende die jaar tussen die grade plaas. Alle leerders van Gr 1 tot Gr 7 word gedurende die jaar uitgenooi om baie gretig deel te neem.
Ons Doel
Daar word gepoog om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel en sy gedagtegang te prikkel met meer as net die alledaagse nuus en nuusgebeure. Spanne word toegerus met "bleepers" wat leerders onder druk plaas om effektief en doeltreffend te funksioneer.
Lewensvaardighede en hulpmiddele ontwikkel leerders vir toekomsgerigte probleme en uitdagings.
Hoekom aan Algemene Kennis deelneem?
✓
Bied die geleentheid om selfvertroue te kweek.
✓
Help jou om te groei in deelnemende gesprekke.
✓
Jy kan jou mening lig om feite te staaf.
✓
Ledige ure kan met sinvolle geselsies gevul word.