Hoe erk Robotika?
Graad 1 tot 6 het tans Robotika as vak gedurende skooltyd. Die robotika vak is nie net programmering nie — dit sluit ook in:
- Rekenaarvaardighede
- Internet-veiligheid
- Digitale burgerskap en sosiale media
- Eenvoudige elektronika
- Sensors en mikrokontroleerders
- Verskeie ander opwindende programme
Laerskool Elarduspark het ook 'n buitemuurse robotika program. Dit verskil egter van die robotika vak, aangesien daar van ander robotte en programme gebruik gemaak word en daar minder leerders per klas is. Buitemuurse afrigting vind plaas vir Graad 1 - 7 vanaf Januarie tot November en word tussen Maandag en Vrydag geskeduleer teen 'n addisionele fooi wat direk aan RobotExplorers betaalbaar is.
Kompetisies waaraan ons deelneem
Internasionaal
First LEGO League
Globale kompetisie vir robotika spanne.
Internasionaal
World Robotic Olympiad
Wêreldwye geleentheid om Lardies te verteenwoordig.
Provinsiaal
Gauteng Robotics Challenge
Gauteng se top robotika spanne.
Ons skool is ook deel van 'n Robotika liga wat een maal per kwartaal plaasvind.
Ons doel
Die Robotika-program by Laerskool Elarduspark poog om leerders bloot te stel aan Ingenieurswese en Programmering ‐ sogenaamde STEM. Deur die loop van die lesse word leerders blootgestel aan die wonderlike wêreld van meganika en kodering.
Buiten dat hulle leer hoe om te kodeer, leer hulle ook:
✓
Fynmotoriese vaardighede
✓
Beplanning en tydsbestuur
Hoekom aan Robotika deelneem?
Met die Robotika-kurrikulum word leerders aan programmering, ingenieurs-beginsels en STEM-leer blootgestel wat hulle leer om probleme en die wêreld op 'n nuwe manier te benader.
Robotika verhoed dat leerders bang is om nuwe tegnologie uit te toets. Wanneer hulle verstaan hoe 'n rekenaar dink en praat, sal hulle weet wat moontlik is en wat nog gedoen kan word.
Kennis kweek innovasie!