Junior Tennis (Gr R – 3)
By Laerskool Elarduspark poog ons om vir ons leerders alle moontlike geleenthede te bied sodat hulle tot hul volle potensiaal kan ontwikkel. Om hierdie rede het ons begin met die Junior Tennis Klub by die skool (Gr R ‐ Gr 3).
Die klub word bestuur en alle afrigting word waargeneem deur 'n buite-afrigter, Me Daleen Luïs. Daar is dan ook addisionele kostes aan hierdie aktiwiteit verbonde.
Ons doel is om kinderontwikkeling deur middel van tennisvaardighede te bevorder. Vaardighede wat aangespreek word:
- Statiese en dinamiese balans
- Beweeglikheid
- Gooi-en-vangvaardighede
- Hand-oog en voet-oog koördinasie (met of sonder 'n raket)
- Luistervaardighede en opdrag uitvoering
- Verbetering van konsentrasievermoë
Senior Tennis (o/11 & Oop)
Die Gauteng-Noord ligas vind plaas in die eerste en derde kwartale van die jaar. Alle ligawedstryde vind op Maandagmiddae plaas en daar word deelgeneem in die ouderdomsgroepe o/11 en Oopspanne.
Vroeg in die derde kwartaal neem die Top 5 seuns en dogters aan die Sun City Tennistoernooi deel wat dien as voorbereiding vir die Super 12 Tenniskompetisie. Die Super 12 vind ook in die derde kwartaal plaas.
Aan die einde van die derde kwartaal word die Lardie Geslote Tenniskampioenskappe gehou. Hiervolgens word ons ranglys vir die volgende jaar saamgestel en ontdek ons ook baie nuwe talent.
Let wel: Daar word geen interne afrigting by die skool gedoen nie. Alle afrigting is buite skoolverband (afrigter van u keuse) en sluit addisionele kostes in.
Hoekom aan tennis deelneem?
Tennis bied geheelontwikkeling vir die kind — dit help met verskeie noodsaaklike vaardighede en ook selfdissipline wat nodig is op alle gebiede van skool en die algemene lewe.
✓
Verrykende invloed op alle vlakke van die kind se ontwikkeling.
✓
Ontwikkel selfdissipline en konsentrasie.
✓
Hand-oog koördinasie en balans word verbeter.
✓
'n Sport wat 'n leeftyd lank beoefen kan word.