Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Sport

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Strategiese Sport · Gr R – o/13
♟️

Mini-Skaak & Skaak

Slype Vir Logies en die Lewe

Laerskool Elarduspark streef na uitmuntende skaak. Vir die afgelope 7 jaar bied Laerskool Elarduspark einde Oktober die welbekende Lardie Ope Skaaktoernooi aan ‐ een van die gewildste toernooie op die skaakkalender. Skaak word vanaf Gr R aangebied as opvoedkundige program en strek tot o/13.

Mini-Skaak
Gr R ‐ 3
Senior Skaak
o/9, o/11 en o/13
Afrigting
Maandagmiddae
Eie Toernooi
Lardie Ope

Mini-Skaak (Gr R ‐ 3)

Die Mini-Skaak program is 'n opvoedkundige program wat in Suid-Afrika ontwikkel is in samewerking met onderwysers en skaakkundiges. Leerders vanaf Gr R tot Gr 3 ontvang weekliks skaakafrigting tydens die akademiese program deur 'n goed opgeleide en ervare skaakafrigter.

Die program fokus op die volgende aspekte:

  • Ontwikkeling van vaardighede wat Wiskunde en Wetenskap ondersteun.
  • Tegniese- en lewensvaardighede.
  • Aktiwiteite so konkreet en visueel moontlik aanbied.
  • Leer deur middel van spel.

Senior Skaak

Skaakafrigting word vanaf Januarie tot einde Oktober op Maandagmiddae aangebied deur professionele afrigters. Elke graad word gedurende 'n spesifieke tydsgleuf afgerig.

Gedurende die jaar neem skaakspelers deel aan:

Hoogtepunt

Super 12 Skaak

Vir die spelers wat die hoogste vlak bereik.

Kwartaal 2

Gevorderde Liga

Vir gevorderde spelers wat verder wil uitdaag.

Kwartaal 3

Beginners Liga

Vir spelers wat hul intree-vlak speel.

Op skolevlak neem spelers deel in die o/9, o/11, o/13 ouderdomsgroepe en ook 'n dogterspan. Spelers kan ook registreer by 'n Gauteng-Noord Unie waar hul aan toernooie kan deelneem om uitgenooi te word na Gauteng-Noord proewe en die SA-Junior Skaak Kampioenskappe.

Ons Doel

Skaak stel kinders op 'n vroë ouderdom in staat om verskeie lewensvaardighede te bemeester:

Ontwikkeling van die brein.

Hoe om 'n probleem te analiseer en op te breek.

Fokus op die belangrike en afleibare elemente uitskakel.

Ontwikkeling van logiese denke.

Vermoë om emosies te beteuel.

Bevordering van selfbeheersing en selfvertroue.

Verken meer Sportsoorte

Keer terug na die Sport-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Sport