Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Sport

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Spansport · o/6 – o/13
🥅

Mini-Netbal & Netbal

'n Plek waar elke Dogter Behoort

Netbal is veel meer as net 'n sport. Dit is 'n geleentheid waar elke dogter kan groei, ontwikkel en deel word van iets groter as haarself. Van Mandjienetbal op o/6-vlak tot Super 12 op o/13, is ons passievolle afrigters se fokus om elke dogter op haar eie vlak te ontwikkel.

Mini-Netbal
o/6 ‐ o/9
Senior Netbal
o/10 ‐ o/13
Liga
Jubilee A
Kwartale
1, 2 & 4

Mini-Netbal (o/6 ‐ o/9)

Laerskool Elarduspark se Mini-Netbal vorm deel van die Jubilee A-liga en neem deel aan verskeie feesdae. Ons oefen 2 keer 'n week. Oefeninge begin in Februarie en strek tot einde Mei. Vaardigheidsoefeninge vind ook in die 4de kwartaal plaas.

Die o/6's skop hul Mini-Netbal loopbaan af met Mandjienetbal. Hier kweek ons 'n liefde vir die sport en leer die dogters om in spanne saam te speel. Mandjienetbal is baie informeel.

Van o/7 tot o/9 neem die dogters aan Mini-Netbal deel — meer formele spel waar hulle die reëls op 'n informele wyse aanleer. Die dogters kry ook geleentheid om al die posisies te speel om sodoende 'n goeie gebalanseerde speler te kweek. By o/9 word proewe gehou en spanne gekies.

Senior Netbal (o/10 ‐ o/13)

Alle netbalspanne neem deel aan die Jubilee A-liga, terwyl die A-spanne ook aan die Super 12-kompetisie deelneem. Netbal word in kwartaal 1, 2 en 4 aangebied vir dogters vanaf o/10 tot o/13.

Aan die begin van elke seisoen word proewe gehou om die vier spanne per ouderdomsgroep saam te stel. Daar vind ook siftingsrondtes in kwartaal 4 plaas met die oog op die volgende jaar se spanne. Ons o/12- en o/13-spelers kry verder die geleentheid om aan Gauteng-proewe deel te neem.

Ons Doel

Die doel van netbal is nie net om goeie spelers te ontwikkel nie, maar om selfversekerde, gedissiplineerde en gebalanseerde jong dogters te vorm. Netbal daag spelers fisies, emosioneel en intellektueel uit en leer hulle waardevolle lewensvaardighede:

Spanwerk, dissipline en verantwoordelikheid.

Deursettingsvermoë en toewyding.

Hoe om onder druk besluite te neem.

Respek vir ander en goeie sportmanskap.

Hoe om sukses én teleurstelling met karakter te hanteer.

Persoonlike groei, selfvertroue en leierseienskappe.

Hoekom aan Netbal deelneem?

Netbal bied aan leerders die geleentheid om aktief, gesond en betrokke te wees terwyl hulle sterk vriendskappe en spanbande bou. Die sport help dogters om uit hul gemaksones te beweeg, doelwitte te stel en met trots hul skool te verteenwoordig.

Daar is ook verskeie geleenthede vir spelers om op hoër vlakke te presteer ‐ deelname aan Gauteng-spanne, liga-prestasies en ander sporttoekennings. Bo alles wil ons hê dat elke dogter die sport moet geniet, haar talente moet ontwikkel en met trots en passie deel van ons netbalfamilie moet wees.

Verken meer Sportsoorte

Keer terug na die Sport-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Sport