Die Atletiek-jaar
Die eerste deel van die atletiekseisoen begin al reeds in die eerste week van Kwartaal 1 en duur tot en met Februarie. Die seisoen skop af met uitdunne en Bokkesport. Daar vind 'n aantal vriendskaplike byeenkomste plaas, gevolg deur die Cluster-byeenkoms, Top 10-kompetisie, Distrik-, Gauteng-, en SA Kampioenskappe.
Die tweede deel van die seisoen begin aan die einde van Kwartaal 3 met uitdunne. In Kwartaal 4 vind verskeie byeenkomste plaas wat as sifting dien vir die Super 12-span. Die Super 12-kompetisie vind in Oktobermaand plaas.
Die span wat aan die byeenkomste deelneem bestaan uit 4‐6 atlete van die o/7 ‐ o/13 ouderdomsgroepe. Die Clusterspan bestaan uit 2 atlete per item, o/7 ‐ o/13. By die Super 12-kompetisie neem 2 atlete per item deel, maar wel in die komende jaar se ouderdomsgroepe ‐ dus neem Gr R-leerders deel as o/7.
