Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 ‐ Sport

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Spansport · Graad R – 2
🏉

Bulletjie-Rugby

Waar Liefde vir Rugby Begin

Leerders in Gr R – 2 neem deel aan Bulletjie-Rugby. By Laerskool Elarduspark poog ons om van 'n jong ouderdom af 'n liefde vir rugby te kweek. Elke seun wat belangstel kry kans om te speel en homself te geniet. Bulletjies speel van o/6 – o/8 "rip-rugby".

Ouderdomme
o/6 – o/8
Oefendag
Woensdagaande
Seisoen
Maart – Junie
Jaarfooi
R250

Hoe werk Bulletjie-Rugby?

Oefeninge begin in Maart en eindig in Junie by die jaarlikse Loftus Bulletjiedag. Met die eerste oefensessie kom al die spelers bymekaar en word in spanne ingedeel. Elke span word deur 'n pappa/mamma afgerig en die seuns kry die geleentheid om elke Woensdagaand saam met hulle maats 'n liefde vir rugby te kweek.

Daar is 'n jaarlikse registrasiefooi van R250 betaalbaar — hierdie fooi sluit registrasie by die verskeie bulletjiedae in asook 'n afrigterstrui vir die afrigters.

6 Geleenthede

Liga Bulletjiedae

Jaarliks neem ons deel aan ses Liga Bulletjiedae.

Hoogtepunt

Midstream-Bulletjiedag

'n Spesiale dag op die kalender vir spelers en ouers.

Topkalender

Loftus-Bulletjiedag

Die jaar se hoogtepunt ‐ op die ikoniese Loftus-veld.

Ons Doel

By Laerskool Elarduspark poog ons om van 'n jong ouderdom af 'n liefde vir rugby te kweek. Dit is ons doel om vir elke seun die nodige rugby- en lewensvaardighede aan te leer wat hy in die toekoms kan gebruik. Bulletjie-Rugby baat nie net die leerders se fisiese ontwikkeling nie, maar bied hulle ook 'n geleentheid om te groei op 'n sosiale vlak.

Hoekom aan Bulletjie-Rugby Deelneem?

Elke seun wat belangstel kry die kans om te speel, hulself te geniet en nuwe maats te maak.

Bied seuns en ouers die geleentheid om mekaar op 'n sport- en sosiale vlak te leer ken.

Kweek selfvertroue en seuns leer die nodige vaardighede om in 'n span sport te kan deelneem.

Bied 'n gemaklike omgewing omring deur sy maats waar elke leerder homself kan wees.

Verken meer sportsoorte

Keer terug na die Sport-oorsigblad om al die aktiwiteite te verken.

Terug na Sport