Wat bied die Sentrum?
Die Innovasiesentrum skep 'n ontspanne ruimte waar leerders kan leer en lees. Daar is 'n verskeidenheid van boeke beskikbaar om 'n liefde vir lees aan te wakker en leerders se lees- en studievermoë te verbeter.
Klem word gelê op die integrasie van verskeie leerareas ‐ soos Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese, Kuns en Wiskunde ‐ wat op 'n praktiese manier aangebied word.
️Tegnologie in die sentrum
Ontwerp
3D-modellering
Leerders ontwerp 3D-voorwerpe op die Chromebooks.
Skep
3D-drukker
Ontwerpe word in werklike voorwerpe omskep deur ons 3D-drukker.
Onderrig
Reüse Interaktiewe Skerm
Skep die geleentheid vir onderwysers om inligting kreatief aan te bied, te stoor en te versprei.
Leerders kan ook onafhanklik navorsing doen na skoolure ‐ 'n waardevolle hulpbron vir verryking en intervensie.
Ons visie
Ons streef om een van die tegnologies-gevorderdste skole in ons omgewing te wees — en die Innovasiesentrum is die hartklop van daardie visie. Hier word elke Lardie blootgestel aan moderne hulpmiddele wat hulle voorberei vir die toekoms se uitdagings.