Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Tradisies & Waardes

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Karakter, Visie & Missie
🌟

Tradisies & Waardes

Die Hart van Laerskool Elarduspark

By Laerskool Elarduspark koester ons sterk waardes en 'n ryk reeks tradisies wat ons skool uniek maak. Ons visie en missie staan sentraal in alles wat ons doen ‐ ons strewe na 'n Lardie wat trots, gebalanseerd en toegerus is vir die lewe.

Kern Waardes
6
Visie
Toegerus
Leuse
Reik na die Sterre
Tradisies
Ryk & Uniek

Ons waardes

Ons skool se ses kern-waardes wat ons elke dag uitleef. Ons VERLIG die wêreld om ons met ons waardes:

Waarde 1

Volharding

Aanhou ondanks uitdagings

Waarde 2

Eienaarskap

Verantwoordelikheid neem vir keuses en aksies.

Waarde 3

Respek

Respek vir self, ander en eiendom

Waarde 4

Lojaliteit

Getrou aan skool, span en mekaar

Waarde 5

Integriteit

Eerlik en opreg in alles wat ons doen

Waarde 6

Goedhartigheid

Vriendelikheid teenoor almal om ons

Ons Tradisies

Hierdie ryk tradisies maak Laerskool Elarduspark uniek:

Algemene tradisies

  • Kloklui vir Gr 1 en nuwe leerders
  • Vier klokslae (vir elke dekade) om die nuwe skooljaar aan te kondig en af te sluit by Kerkafsluiting
  • Kloklui-seremonie vir nuwe personeel en die verlating van personeel
  • Skoollied
  • Vierkant
  • Kerkafsluiting
  • Gr. 7 Sonhorlosie-groet & foto's
  • Vlaghysing
  • Leesweek & Leesaand
  • Gr. 7 Hemde

Hoofseun & Hoofdogter

  • Oorhandiging van vlag en Bybel
  • Sak op baadjie
  • Das

Eer & Erkenning

  • Opdatering van skool se geskiedenisboek
  • Ererolle in saal
  • Groot brag voor belangrike kompetisies
  • Oorhandiging van eerste span kleredrag
  • Tuinbordjie-oorhandiging
  • Toekenning aan personeel vir diensjare: 15, 25, 35-jaar diens

Graad 7 hoogtepunte

  • Gr. 7 Dogterstee en Seunsbraai
  • Gr. 7 Afsluiting
  • Gr. 7 Sokkies

Graad R Spesiale Dae

  • Oupa en Ouma dag
  • Fantasie Vrydag
  • Pantoffeldag
  • Beroepe dag
  • Hoede en Hare dag
  • Graad R Gradeplegtigheid

Visie

Die skool waar leerders toegerus word.

Ons Missie

Ons strewe na 'n Lardie wat...

  • Trots is op sy/haar skool met al sy tradisies en gebruike
  • Gebalanseerd betrokke is en so goed as moontlik presteer
  • 'n Netjiese, gelukkige, gedissiplineerde, gemotiveerde, hoflike en verantwoordelike leerder is
  • Met die volgende waardes toegerus word: integriteit, lojaliteit, respek, nederigheid, goedhartigheid
  • Indien hy/sy Elarduspark verlaat, volkome toegerus sal wees vir die lewe daar buite en die geweldige eise van die toekoms

Ons strewe na 'n personeellid wat...

  • Sy/haar talente en gawes aanwend in die beplanning en verwesenliking van ons doelwitte
  • Bereid is om die belange van leerders voor sy/haar eie te stel en kollegiale lojaliteit te betoon
  • Tuis sal voel in ons span

Ons strewe na 'n ouer wat...

  • Alles vir sy/haar kind se opvoeding feil het en die skool se waardes hoog ag
  • Gebalanseerd betrokke is by die skool en positief belangstel en ondersteun
  • 'n Lojale en stewige vennoot sal wees
  • Volle beheer en kontrole oor hulle kinders sal hê

Ons strewe na 'n skool...

  • Waarin elkeen wat ons missie onderskryf, tuis sal voel
  • Waarop elkeen wat daaraan verbonde is, met reg trots kan wees
  • Waarop 'n goeie lewenstandaard gestel sal word
  • Met sy eie besonderse karakter, etos en tradisies

Terug na die hoof-Opedag

Verken ons ander kategorieë om meer oor Laerskool Elarduspark te leer.

Terug na Opedag