🍽️Ons Aanbiedinge
By McLardies maak ons jou las ligter. Ons bied die volgende vir jou as ouer se gerief aan:
✓
Gebalanseerde naskooletes beskikbaar vir leerders wat na skool moet bly of in EP Naskool is.
✓
Verjaarsdagpartytjies — Ouers kan 'n week voor die leerder se verjaarsdag 'n bestelling plaas vir 'n lekker verrassing vir die klas.
✓
McLardies HUISKOS — heerlike aandetes wat weekliks of maandeliks bestel kan word. Hou gerus die d6 toep dop vir ons spyskaart wat maandeliks uitgestuur word.
✓
McLardies bied nou die geleentheid aan ouers om daagliks hul kinders se kos vir pouse te kan bestel.
Al hierdie aanbiedinge kan gerieflik bekom word op die d6 Toep.
⏰Tye
Maandag – Donderdag
08:00 – 15:00
💳Kontantlose Stelsel
Leerders se aankope vind plaas deur gebruik te maak van 'n Sticitt-bandjie. Die Sticitt-bandjie kan net op die d6 Connect-toep gekoppel en bestuur word.
Ons moedig ouers aan om die d6 Connect-toep af te laai (beskikbaar op Android en iOS) om deel te vorm van ons kontantlose betalingstelsel.
- Ouers moet asb registreer met hulle selfoonnommers.
- Leerders sal outomaties gekoppel word sodra ouers geregistreer het.
- Alle betalings soos projekte en toere kan ook deur die d6 Connect-toep betaal word.
Dit is baie belangrik dat ons u as ouers se samewerking sal kry — aangesien ons die skool veilig, kontantloos en higiënies wil hou.