Maandelikse Skoolfonds Sluit In
✓
Onderrig van 08:00 ‐ 13:00
✓
Gebalanseerde middagetes om 12:30
✓
Middagtoesig van 13:00 ‐ 17:30 ‐ nie nodig om 'n addisionele Naskool-inskrywing in te dien nie.
Let wel: Daar is nie verskillende fooie vir voldag en halfdag nie ‐ slegs een fooi is betaalbaar. Die Graad R-Sentrum is ook oop gedurende skoolvakansies teen 'n minimale bedrag, maar gesluit gedurende die Desember-vakansie.
Etes
- Leerders moet ontbyt by die huis eet
- Oggend versnaperinge word geëet om 09:30 (deur ouers voorsien)
- Middagete is om 12:30 (gebalanseerde middagetes word deur die skool voorsien en is ingesluit by die maandelikse skoolfonds)
- Laat-middag versnaperinge om 14:30 (deur ouers voorsien)
Akademie & vakke
Die volgende vakke word in Graad R onderrig:
Taal
Afrikaans
Huistaal en geletterdheid
Syfers
Wiskunde
Konkrete basiese begrippe
Liggaam
Lewensvaardigheid
Fyn- en grootmotoriese ontwikkeling
Denke
Skaak
Logiese denke deur spel
STEM
Robotika
Inleiding tot kodering en tegnologie
Akademiese vordering
Graad R-leerders ontvang aan die einde van elke kwartaal 'n vorderingsverslag. Oueraande vind plaas in die tweede week van elke kwartaal. Toetsing vir skoolgereedheid kan deur 'n Opvoedkundige Sielkundige gedoen word indien daar twyfel by die onderwyseres of by u as ouer is.
Daar is ook 'n Arbeidsterapeut, Spraakterapeut en Spelterapeut op die skoolgronde beskikbaar indien terapie benodig word.
Wat 'n Graad R-Leerder Gaan Bemeester
Die onderstaande inligting is slegs riglyne vir wat daar van 'n Graad R-leerder verwag word om te kan doen teen die einde van hul Graad R jaar.
Basiese Lewensvaardighede
- Selfstandige optrede
- Goeie sosiale vaardighede
- Goeie algemene maniere
- Goeie persoonlike versorging
Taal
- Herken die letters van die alfabet
- Ouditiewe herkenning van begin- en eindklanke
- Kan verskille ouditief herken
- Kan vrae oor stories antwoord en stories oorvertel
- Praat in mooi vol sinne met genoegsame woordeskat
- Kweek 'n liefde vir lees deur die aanhoor van stories
Wiskunde
- Ken ouer se selfoonnommer, eie adres en verjaarsdagdatum
- Herken syfers 1-10
- Kan + en − somme met tellers doen tot by tien
- Ruimtelike bewustheid (bo/onder, agter/voor, links en regs)
- Ken al die kleure en vorms
- Leer om 'n 35-stuk legkaart te bou
- Begrip van tyd (gister, vandag en môre)
- Begrip van lengte, massa en volume
- Onderskei tussen voor- en agtergrond, sortering en versameling van voorwerpe
Fynmotoriese Ontwikkeling
- Korrekte potloodgreep en skryf van eie naam
- Korrekte hantering van 'n skêr
- Tussen lyne inkleur, skeur en plak, manipulering van klei
Grootmotoriese Ontwikkeling
- Huppel, gallop, eenbeen spring en balanseer
- Oor en onder hindernisse beweeg
- Touspring
- Gooi, vang, skop en slaan van verskillende grootte balle
- Middellynkruising
Graad R Kleredrag
Beskikbaar by die Lardie Klerewinkel:
Somer
Maandae – Vrydae
Graad R-hempie en KDA-broekie.
Winter
Maandae – Vrydae
Fleece baadjie met 'n skool sweetpakbroek. Skoolreenbaadjie ook toelaatbaar, Lardie-kouse (by ontvangs) met enige tekkies.
Aktiwiteite & buitemuurs
Aktiwiteite buite skool verband
Betalings geskied direk aan die aktiwiteitsorganiseerders (nie ingesluit by skoolfonds nie).
Oggend
Playball, Tennis, Dance Mouse, Rey's Gimnastiek, EQ4kids, BOMFA, Musiekpret
Middag
Pottebakkery, Drama, Stoei, Ballet en A+Students, Pitch Smashers
Skool aktiwiteite
Mini-Netbal
Dinsdae & Donderdae ‐ Gratis
Mini-Hokkie Seuns
Dinsdae ‐ Gratis
Mini-Hokkie Dogters
Donderdae ‐ Gratis
Tink-Tinkie Koor
Woensdae-oggende voor skool ‐ Gratis
Bulletjie-Rugby
Woensdae ‐ Jaarfooi R250