Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — Sterrewag Naskool

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Naskool Sentrum
📚

Sterrewag Naskool

'n Tuiste vir Huiswerk en Spel

Laerskool Elarduspark Sterrewag Naskoolsentrum bied 'n veilige omgewing vir u kind as tuiste om huiswerk te doen asook om te speel. Ons sentrum grens aan die skool se rugbyvelde. Ons studieklasse word in graadverband aangebied — elke graad in 'n klas met 'n juffrou wat help met die huiswerk.

Span
25 Dames
Klas Grootte
15 – 16
Naskoolgelde 2026
R16 285
Vakansies
Oop (nie Des nie)

Meer oor Sterrewag

Ons is 'n span van 25 dames wat met elke kind 'n verhouding bou. Ons bied kwartaalliks 'n geleentheid vir pret en plesier aan ‐ boeresport, stalletjies en vele meer is op ons spyskaart.

Sterrewag Naskool is tydens skoolvakansies oop, behalwe oor die Desembervakansie. Ons bied die geleentheid om by die McLardies etes te bestel vir in die middae, maar ouers is ook verantwoordelik om eie middagetes te voorsien.

Ons doel

Ons poog om elke kind so te help dat al die huiswerk gedoen is voordat hulle huis toe gaan ‐ sodat daar in die aand tyd saam met die ouers spandeer kan word.

Ons vergader kwartaalliks met die skool se personeel sodat ons op hoogte is van die werk wat gedoen moet word, en die studie-dames is ten volle voorbereid vir elke middag se studieklas. Ons poog om ons klassies nie groter as 15/16 leerders te maak nie, wat meebring dat ons 2 tot 3 klassies per graad het tot Graad 7.

Hoekom moet u kind by Sterrewag Naskool inskryf?

Leerders leer om selfdissipline toe te pas en dat harde werk beloon word.

Leerders leer roetine aan wat hul help om eendag selfstandige volwassenes te wees.

Hulle leer om werk pligsgetrou en met ywer te voltooi.

Klein graadklassies met persoonlike aandag.

Naskoolgelde 2026

2026 se Naskoolgelde is R16 285,00 per leerder. Die jaarlikse bedrag word soos volg gehef:

  • 1 × Registrasiefooi
  • 11 × Maandelikse betalings (Januarie tot November)
Registrasiefooi 2026
R1 545,00
Naskoolgeld per maand
R1 340,00 (Jan – Nov)

2027 (reeds goedgekeur): Sterrewag Naskool R1 676,00 per maand. Hierdie bedrae is nie nou al betaalbaar nie. Meer inligting word in September deur middel van 'n omsendskrywe gestuur.

Terug na die Opedag-hoofblad

Verken ons ander kategorieë om meer oor Laerskool Elarduspark te leer.

Terug na Opedag