Laerskool Elarduspark Wapen

Laerskool Elarduspark

Opedag 2026 — McLardies Snoepie

Reik na die Sterre
opedag.lardies.co.za
Snoepie · Huiskos · Kontantloos
🍔

McLardies Snoepie

Ons Skool se Spoggerige Snoepwinkel

McLardies is ons skool se spoggerige snoepwinkel. Ons bied 'n groot verskeidenheid om van te kies en te keur — van broodjies, hoenderrepies, pizza en slaaie tot ons tuisgebak wat jou mond sal laat water!

Maan – Don
08:00 – 15:00
Vrydag
08:00 – 14:00
Betaalstelsel
Sticitt
Toep
d6 Connect

🍽️Ons Aanbiedinge

By McLardies maak ons jou las ligter. Ons bied die volgende vir jou as ouer se gerief aan:

Gebalanseerde naskooletes beskikbaar vir leerders wat na skool moet bly of in EP Naskool is.

Verjaarsdagpartytjies — Ouers kan 'n week voor die leerder se verjaarsdag 'n bestelling plaas vir 'n lekker verrassing vir die klas.

McLardies HUISKOS — heerlike aandetes wat weekliks of maandeliks bestel kan word. Hou gerus die d6 toep dop vir ons spyskaart wat maandeliks uitgestuur word.

McLardies bied nou die geleentheid aan ouers om daagliks hul kinders se kos vir pouse te kan bestel.

Al hierdie aanbiedinge kan gerieflik bekom word op die d6 Toep.

Tye

Maandag – Donderdag
08:00 – 15:00
Vrydag
08:00 – 14:00

💳Kontantlose Stelsel

Leerders se aankope vind plaas deur gebruik te maak van 'n Sticitt-bandjie. Die Sticitt-bandjie kan net op die d6 Connect-toep gekoppel en bestuur word.

Ons moedig ouers aan om die d6 Connect-toep af te laai (beskikbaar op Android en iOS) om deel te vorm van ons kontantlose betalingstelsel.

  • Ouers moet asb registreer met hulle selfoonnommers.
  • Leerders sal outomaties gekoppel word sodra ouers geregistreer het.
  • Alle betalings soos projekte en toere kan ook deur die d6 Connect-toep betaal word.

Dit is baie belangrik dat ons u as ouers se samewerking sal kry — aangesien ons die skool veilig, kontantloos en higiënies wil hou.

Terug na die hoof-Opedag

Verken ons ander kategorieë om meer oor Laerskool Elarduspark te leer.

Terug na Opedag