Terreinplan

VEILIGHEID

Ons leerders se veiligheid is ‘n prioriteit by ons skool.  Twee wagte is 24 uur aan diens om seker te maak dat alle hekke gesluit is en dat die leerders veilig is.

Ongelukkig het ons nie 24 uur sekuriteit rondom die skool vir voertuie nie.  Indien u buite om die skool parkeer, moet u asseblief seker maak dat u motor gesluit is.  Daar is ongelukkig insidente van diefstal in motors tydens oefeninge en sportbyeenkomste.  Wees asseblief op die uitkyk in die verband.

Ons doen asseblief weer ’n beroep op ons ouers.  Indien u, u kind kom afhaal en u wag op die terrein moet u asseblief op die netbalveld of op die pawiljoen wag.  Die leerders is besig met akademie en dit ontwrig die leerders as ouers op die stoepe of voor die klasse beweeg.

Baie dankie vir u samewerking in die verband.