Skooldrag

SKOOLDRAG

Dogters: Somersdrag

  • Skoolrok van wit en blou geruite materiaal waarvan die soom 5-7cm bokantdie knie is.
  • Swart skoene met plat hakke en kort, wit kouse.
  • Blou skooltrui met ‘n V-nek.  Nie ‘n “navy” trui nie.
  • Skoolbaadjie met skoolwapen op bors geborduur.
  • Koningsblou oortrektrui – nie “navy” nie.
  • Blou skool-windbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur.
  • Blou kort ski-pants kan onder skoolrok gedra word.  Die ski-pants moet koningsblou wees.  Geen “navy” ski-pants nie.

 

Dogters: Wintersdrag

Graad 1 – 7:

  • Koningsblou skoollangbroek of Koningsblou romp met ligblou skoolhemp.
  • Skooltrui met ‘n V-nek.
  • Skoolbaadjie met wapen op bors geborduur.
  • Blou windbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur.
  • Blou skool-windbrekerbaadjie – by verskaffers beskikbaar.
  • Swart skoene met plat hakke.
  • By romp word blou langkouse of “Constantia Blou” broekiekouse gedra.
  • Das (opsioneel).
  • Blou “Fleezie” top met EP daarop geborduur.

 

Seuns : Somersdrag

  • Grys kortbroek.
  • Blou skoolhemp met kort moue.
  • Swart toerygskoene met lang, grys kouse.
  • Skooltrui met V-nek.
  • Skoolbaadjie met skoolwapen op bors geborduur.
  • Blou skool-windbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur.
  • Blou “Fleezie” top met EP daarop geborduur.

 

Seuns : Wintersdrag

  • Grys skoollangbroek of kortbroek.  (Langbroek met gordel)
  • Blou skoolhemp met lang- of kortmoue.
  • Skooltrui met V-nek.                                                     
  • Skoolbaadjie met skoolwapen op geborduur.
  • Blou skoolwindbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur.
  • Swart toerygskoene met grys skoolkouse.
  • Das (opsioneel).
  • Blou “Fleezie” top met EP daarop geborduur.

 

Algemeen

  • Die meng van skooldrag sal nie toegelaat word nie (bv. die dra van privaatklere saam met skoolklere).
  • ‘n Sportsweetpakbaadjie mag nie saam met gewone skooldrag gedra word nie.
  • Geen ander windbreker behalwe dié van die skool mag gedra word nie.
  • Tydens uitstappies en sportbyeenkomste moet volledige skool- en of sportdrag gedra word.
  • Provinsiale sportbaadjies mag slegs op Maandae gedra word.
  • Erekleure mag slegs op die formele skoolbaadjie vasgewerk word.
  • Die voorgeskrewe skooldrag word te alle tye gedra.
  • Indien ‘n seun ‘n grys langbroek dra, moet hy ‘n “belt” dra.
  • Netheid is ‘n vereiste wanneer leerders skooldrag dra, binne en buite skoolure en alle terreine.

 

Sportdrag

  • ‘n Skoolsweetpak mag gedra word op dae wat leerder in die middag ‘n skoolsport beoefen of met ligawedstryde.
  • Atlete kan kort rekbroeke (“skipants”) dra onder atletiekbroek, of onder rompe – maar nie alleen nie.  Dit moet koningsblou wees.
  • Die korrekte sportdrag moet gedra word.  Die atletiekhempie kan nie bv. by hokkie of netbal gedra word nie.