Skaak

Filosofie

Skaak stel kinders op ‘n vroeë ouderdom instaat om verskeie lewensvaardighede te  bemeester, naamlik:

  • Ontwikkel die brein
  • Leer die mens hoe om ‘n probleem te analiseer, op te breek, te fokus op die belangrike aspekte en die afleibare elemente uit te skakel.
  • Logiese denke
  • Vermoë om emosies te beteuel
  • Bevorder selfbeheersing
  • Bevorder selfvertroue
  • Skaak se kompleksiteit bevorder ook kinders se koördinasie

 

Daar is net een vereiste aan skaak verbonde:  Dit vereis harde werk.
 

Organiseerder

Me L van Rooy
 

Afrigter

Afrigting word deur professionele skaakafrigters, Ds. Wim Slabbert behartig, wat verskeie SA kampioene opgelewer het. So ook was en is hy steeds afrigter van verskeie provinsiale skaakspelers. Sune du Toit - SA Kampioen wat ook op verskeie geleenthede SA op internasionale gebied verteenwoordig het. Wian Pretorius en Jaco Nelson maak ook deel van die gedugte span afrigters.



Oefentye

Die skaak leerders oefen op Maandae  - volgens kwaliteit van spelers in groepsverband.

Januarie – November:   

Groep 1 Beginners (Graad 1) 13:15 – 14:00
Groep 2 Beginners (Graad 2,3) 14:00 – 15:00
Groep 3 Beginners (Graad 2,3) 14:00 – 15:00


Individuele afrigting volgens bespreekte tye word ook aangebied op Woensdae en Donderdae. 
 

Deelname

  • Gedurende die 2de en 3de kwartaal neem 4 spanne aan die Liga-wedstryde deel.
  • Super 12-Skaakkampioenskappe vind in die 2de kwartaal plaas.

Prestasies

  • 2011 – Suné du Toit verteenwoordig SA in die volgende Internasionale Kampioenskappe:
    African Junior Chess Championship in Oos-Londen
    Sy wen die Geslote Youth Chess Championship in Brazil
    Deelnemer in die SA vroue Skaakkampioenskappe.
  • 2011 Nadia Schmidt - wenner van die SA Junior Geslote Kampioenskappe
    Verteenwoordig SA tydens die World Youth Chess Championship in Lusaka
    Nadia verwerf die skaaktitel WUM (Woman Union Master)
    Wenner van die O/8 afdeling tydens die Statebondspele
    Verower goue medalje tydens die SA Ope Skaakkampioenskappe
  • 2011   5 Provinsiale spelers neem deel aan die SA’s - 3 Gauteng-Noord en 2 Mid-Gauteng
  • 2012   Nadia word genooi na die SA geslote Skaakkampioenskappe
    Sy verteenwoordig SA ook tydens die World Chess Championship in Slovenia
  • 2013   Nadia kwalifiseer vir die World Youth Chess Championships in Al Aim
    Sy word genooi na die SA Geslote Skaakkampioenskappe
  • 2014  Nadia verteenwoordig SA tydens die Wold Youth Chess Championship.
  • 2014  5 Provinsiale Spelers neem deel aan SA's
  • 2015 - 2 goue medaljes tydens die SAJSK
  • 2015 - Nadia verower die brons medalje tydens die SAJGSK
  • 2015 - Nadia Schmidt neem deel aan die AfricanYouth Chess Tournament, waar sy onder die top 5 spelers eindig.
  • 2015 - 7 spelers verwerf Tshwane kleure, neem deel aan SA's in spanverband.

                       

Bekende spelers

Suné du Toit en Nadia Schmidt
 

Fasiliteite

Goed toegeruste skaakklasse