Senior Netbal - 0/10 - 0/13

Filosofie

Netbal is `n ideale spansport vir enige dogter. Nie net kry hulle die geleentheid om hul fiksheid en vaardighede te verbeter nie, maar word ook blootgestel aan die uitdagings van die lewe naamlik: teleurstelling, deursettingsvermoë, uithouvermoë, hardwerkendheid en sosialisering.  

Deelname aan kompetisies

Ons neem deel aan verskeie kompetisies en toernooie:

Vrienskaplike wedstryde word in die eerste kwartaal gespeel ter voorbereiding van die Super 12 en die liga.

 

Afrigters

  • Afrigters woon gereeld kursusse en toernooie by om op hoogte te bly van die nuutste afrigtings tegnieke.
  • Elke span word afgerig deur `n bekwame afrigter.  Die 7 speelsters kry genoeg aandag.  
  • Speelsters kry kwaliteit afrigting wat haar potensiaal verbeter.
  • 0/10A Rachel Joubert en Clasrissa Grobler (hulp)
  • 0/10B  Cornelli Visser
  • 0/11A  Rentia Fourie
  • 0/11B  Maritza Horn
  • 0/12A  Ilse Diedericks en Lucinda Griesel (hulp)
  • 0/12B  Melissa Labuschangne en Anneke van Niekerk (hulp)
  • 0/13A  Henriette Barkhuizen en Erica Steinman
  • 0/13B  Melanie du Preez
     

Oefentye

  • Oefentye word later deurgegee aan die leerders en ouers.
  • Gedurende Kwartaal 1 vind proewe en vaardigheids oefeninge plaas.
  • In Kwartaal 2 neem die kinders deel aan die Ligas & Uitspeelwedstryde
  • In Kwartaal 4 vind vaardigheidsoefeninge plaas op Dinsdae en Donderdae
     

Prestasies behaal

  • Laerskool Elarduspark het al verskeie uitsonderlike prestasies in die verlede behaal naamlik:
  • Ligawenners en naaswenners in verskeie ouderdomsgroepe
  • Tshwane wenners en naaswenners
  • Gauteng wenners en  naaswenners
  • Bondedagwenners
  • Super 12 Naaswenners
     

Bekende Speelsters

  • Yolandi Brummer
  • Adele Niemand
     

Fasiliteite

  • 2 weervastebane 4 grasbane