Mediasentrum

Die media is die hartklop van die skool.

Boeke ….. Navorsing ……. en vele meer. 
 

Graad 2-3

  • Die Gr. 1-3 leerders het weekliks 1 periode en kry die geleentheid om boeke uit te neem.
  • Daar word lekker stories gelees en na DVD’s gekyk.
  • Gr. 3 leerders leer hoe om navorsing te doen.

Graad 4-7

  • Gr. 4-7 leerders kan boeke uitneem tydens pouse en direk na skool.
  • Navorsing kan gedoen word vir  skooltake.
  • Die mediasentrum beskik ook oor ‘n “vraestelle-bank”. Leerders kan elke kwartaal die vorige jaar se vraestelle aankoop.

Medialeiers

Die Medialeiers bestaan uit Graad 6 leerders. Tans is daar 2 hoofleiers en 15 ander leiers.  Hulle taak behels die volgende:
 

  • Hulpverlening met die uitneem van boeke
  • Inneem van boeke
  • Boeke alfabeties terugplaas op rakke

Sodoende kry Medialeiers die geleentheid om hul leierseienskappe te ontwikkel deur hul  verantwoordelikhede in Mediasentrum na te kom. 
Kom besoek gerus die Mediasentrum en ‘n hele nuwe wêreld gaan vir jou oop.