Landloop

Filosofie

Landloop is `n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem en bied die geleentheid tot fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë. Die leerder leer dat hy/sy met selfdissipline sy/haar eie vermoëns tot prestasie en sukses bepaal wat tot hoë hoogtes kan lei.

Landloop leer ‘n leerder gesonde eetgewoontes, hoe om beserings, terugslae en teleurstellings te hanteer.  Landloop is `n sport wat op `n hoë ouderdom steeds beoefen kan word en bied die leerder geleenthede om aan die Suid-Afrikaanse- en Wêreldkampioenskappe deel te neem.

`n Landloopatleet leer om op te staan wanneer hy/sy val en sodoende voor te berei vir die wedloop van die lewe wat lei na volwassewording.
 

Deelname aan kompetisies

  • Ligas
  • Interprovinsiale Kampioenskappe
  • Gauteng-Noord Kampioenskappe
  • SA Kampioenskappe
  • Take 5-Aflos
  • Super 12- Kompetisie


Afrigters

Graad 1 – 3: Me. Bianca Roets & Me Wilmari Groenewald                   
Graad 4 – 7: Me. Lettie Saayman & Elizna Louw
 

Oefentye

Seisoen vir deelname is April tot September

Graad 1 – 3   Maandae tot Vrydae 13:15 – 14:15
Graad 4 – 7 Maandae tot Donderdae 14:00 – 14:45
  Vrydae  13:30 - 14:00


Afstande van wedlope

0/8                                           :           1km
0/9 en 0/10                              :           2 km
0/11, 0/12, 0/13 dogters          :           3km
0/13 seuns                               :           4km
 

Prestasies behaal

  • Super 12 – 2de plek.
  • Take 5-Aflos – 3de jaar aangewys as Laerskool Kampioene.
  • 8 Atlete wat deelneem aan die SA Kampioenskappe.
  • Dogters 0/13 en seuns o/13 wen spankompetisie tydens Super 12 byeenkoms. Seuns 0/13 eindig derde en Dogters 0/12 eindig derde.

Bekende atlete

Ons eie afrigter, Me. Lettie Saayman, verwerf Nasionale kleure en neem twee keer deel aan die Wêreldkampioenskappe.  Haar dogter, Letitia Saayman, ook ‘n oud-leerder van Laerskool Elarduspark, het Suid-Afrika in drie agtereenvolgende jare verteenwoordig by die Wêreld-kampioenskappe.
 

Fasiliteite

  • Padwerk
  • Spoedwerk - atletiekbaan
  • Uithouvermoë - atletiekbaan