Graad R

BESIGTIG DIE FOTO GALLERY AAN DIE ONDERKANT VAN DIE BLADSY

Ons is 'n span toegewyde, entoesiastiese onderwyseresse wat jou kind liefdevolle versorging en kwaliteit onderrig bied. Ons leer en lei jou kind om sy/haar volle potensiaal te kan bereik. Ons rus hom/haar toe met die nodige kennis en ervaring dat hy/sy Graad 1 met selfvertroue kan aanpak.

Personeel

Anadia Kornelius  - Hoof
Clarissa Grobler - Kameelperdjies
Annali de Jongh - Beertjies
Connie Laubscher Lieweheersbesies
Karina Enslin Olifantjies
Julene Prinsloo Vissies
Carli Smit Uiltjies
Esmarie Abdinor Paddatjies
Anneri Strauss - Wurmpies

 

Inligting oor die skool vir 2016

  • Skool open:  6:30.
  • Onderrig:  8:00 tot 13:00
  • Middagpersoneel:  13:30 tot 17:30
  • Oop gedurende die skoolvakansie:  R30 per dag
  • Gesluit gedurende die Desember vakansie.       
  • Skoolfonds bedrag sluit halfdag en voldag in.
  • Etes: Oggend - 09:30 Bring eie gesonde kospakkie 
    Middagete - 12:30 Gebalanseerde middagetes word voorsien en is ingesluit by die maandelikse skoolgelde.
    Laat middag - 14:30 Bring eie gesonde kospakkie
  • Gewone klere word gedra deur die loop van die week. Vrydae dra die leerders hul spesiale Graad R-hempie. Die hempies is te koop by die Lardie Klerewinkel
  • Die skoolgelde vir 2018 word eers einde Oktober 2017, tydens die Algemene Jaarvergadering vasgestel en sal daarna skriftelik gekommunikeer word.
  • Verskeie buitemuurse aktiwiteite word aangebied.
  • Verskeie buitemuurse aktiwiteite word vanad Februarie by die Gr. R-sentrum aangebied.
    Tye: Tussen 10:00 en 11:00 af, en in die middae na skool vanaf 13:00. Betaling geskied direk aan die aktiwiteit organiseerder.

Benodigdhede

  • 2 Buisies gom
  • 1 Pakkie uitdraaikryte
  • 1 Pakkie vetkryte
  • 1 Pennesakkie
  • 1 Stomppuntskêr
  • 1 Dun A4 ringlêer
  • 1 Houer handewasseep
  • 1 Pak sneesdoekies
  • 1 Flip File - 10 sakkies                                    
  • Merk alles asseblief afsonderlik.
  • 'n Houer Sonbrandroom
     

Dagprogram

6:30 -  8:00        Aankoms en Vryspel
8:00 -  8:20        Bybelverhaal en Samesang
8:20 -  8:30        Nuustyd
8:30 -  9:00        Wiskunde (Optel en Aftrek, Sortering, Tyd, Gewig,
                          Meting, Meer, Minder, Eweveel en Probleemoplossing)
9:00 -  9:10        Toiletroetine
9:10 -  9:30        Eet
9:30 -10:00        Temabespreking (Temas sal volg)
10:00 -11:00      Vryspel buite (Fietse, Balle, Hoepels, Rakette,
                          Springtoue ens. onder  leiding van 'n personeellid)
11:00 -11:10      Toiletroetine
11:10 -12:00      Skeppend – Waar kreatiwiteit en verbeelding uitgeleef word. (Verf,
                           Knip, Skeur en plak, Teken, Collage, Maak van 3-D voorwerpe)
12:00 -12:30      Persepsie aktiwiteit – Dit is die akkurate
                           waarneming, organisasie en interpretasie van
                           inligting wat vanaf die sintuie na die brein gestuur
                           word. (Visueel en Ouditiewe Persepsie), word
                           afgewissel met bewegingspele (Grootmotoriese Oefening)
12:30 -12:45      Storietyd
12:45 -13:00      Middagete en Afsluiting
 

Skoolgereedheid

Skoolgereedheid hou verband met die kind se ontwikkeling op 4 vlakke.
  • Sosiaal
  • Emosioneel
  • Perseptuele ontwikkeling
  • Fisiese mylpale
  • Intellektuele ontwikkeling

Toetsing vir skoolgereedheid kan deur 'n Opvoedkundige Sielkundige gedoen word as daar twyfel by ons of by u as ouer is.
Skoolgereedheidstoetse word in Junie gratis by die skool gedoen.

Aktiwiteite:

Oggend:
Dance Mouse, Rey's Gimnastiek, Playball, Tennis

Middag:
Stoei, Stimuzone, Tjomme met Somme, Semas, Ballet, Pottery, RSD-Rugby, Drama, Mini Musiek, Experiland.


Kontakbesonderhede

Mev.Anadia Kornelius
Tel: 084 980 1550
Epos: grr@lardies.co.za

Temas vir die jaar

Kwartaal 1
Ek                                                                   
Kyk vir my
Skoongeskrop
Ontmoet my mense

My Omgewing 
Oos wes, tuis bes
My eie speelgoedland
Troeteldiere

Seisoene 
Aanstap deur die jaar
Kom saam vandag

Kwartaal 2
Kos 
Die voedseldriehoek
Verbouing van voedsel

Aan die werk 
Dienste
Aankoop van goedere

Sintuie 
Ek leer meer oor my sintuie
Gesond en gelukkig

Mense in uniform
Mense wat 'n diens lewer
Padveiligheid

Vervoer
Land, lug en watervervoer

Kwartaal 3
Wilde diere
Soorte wilde diere
Reptiele
Amfibiee

Die heelal 
Die aarde
Die bewaring van die aarde
Die ruimte

Onder die grond
Wat is onder die grond?
Insekte
Bye
Voëls

Kwartaal 4
Plante
Hoe lyk plante?
Hoe en waar groei plante?
Wat maak ons met plante?

Ander lande
Kinders van die wêreld

Kersfees

 

NUWE GRAAD R AFDAKKE

NUWE GRAAD R SANDPUT

BRANDWEER BESOEK

OUMA EN OUPA DAG 2017

TINK-TINKIES

ZOO ON WHEELS

ZOO ON WHEELS

KLAS WERKIES

KLAS WERKIES

KLASWERKIES

KLASWERKIES