Gholf

Filosofie

Om etiese en talentvolle gholfspelers te kweek sowel as ‘n liefde vir die sport.



Afrigters       

Mnr Gerdus Smith (Gholf-organiseerder)
Mnr Phillip du Preez (Gholf-afrigter) (Sel: 082 410 2471)


Oefentye

Weekliks. Tye en dae word self met Phillip du Preez gereël. Oefening vind plaas dwarsdeur die jaar.
Liga-wedstryde vind plaas tydens die eerste vier weke in die vierde kwartaal.

 


Deelname aan kompetisies

Liga
Leerders by Laerskool Elarduspark neem elke jaar deel aan die Oos-Distrik Gholf Liga. Dit vind in die vierde kwartaal plaas. Die top agt leerders verteenwoordig die skool teen die beste skole in die Ooste.  Daar word Maandae op verskeie bane in Pretoria gespeel en die wedstryde strek oor vier weke.

Super 12- Kompetisie
Nog ‘n hoogtepunt by Laerskool Elarduspark is die Super 12- Gholf-kompetisie wat ook jaarliks plaasvind in Oktober. Hier speel die beste vier gholfers van die skool teen die beste van die beste.  Dit strek oor twee dae en leerders groei volwaardig na jong opkomende sportsterre.
 

Prestasies

  • 2013  -  Runako Brynard, Jean du Randt en Kaylin vd Merwe  verwerf provinsiale kleure.
  • 2013  -  Super 12 Gholf Kompetisie - Brons
  • 2014  -  Super 12 Jean du Randt wenner Zero-voorgee afdeling
  • 2014  -  Jean du Randt en Kaylin vd Merwer  verwerf provinsiale kleure.
  • 2014  -  Super 12 Gholf Kompetisie - Goud (Algehele wenners)
  • 2015  -  Super 12 Wandré Gilfillan Wenner I.P.S-afdeling
  •  

Fasiliteite

Wingate Park Country Club word gebruik.