Ekspo

Wetenskap ekspo

In ons wetenskap/tegnologie- en wetenskapklas word daar gereeld van die leerders verwag om inligting van relatiewe onderwerpe te versamel en dan wetenskaplike afleidings en gevolge te maak en oor te dra. In hierdie geval bied ons by Laerskool Elarduspark vir die kinders die geleentheid om deel te neem aan ons jaarlikse wetenskap ekspo.

Die prosedure werk as volg:

1.    In Februarie is daar ‘n inligtingsvergadering waar alle ouers ingelig word ten opsigte van die verwagting rondom ekspo.

2.    In April word van elke kind van graad 4 tot graad 7 verwag om ‘n navorsingstaak in te handig en aan die klas te verduidelik. ‘n Gedeelte van die assessering wat in die klas gedoen word tel vir die kwartaalpunt.

3.    ‘n Aantal leerlinge word dan gekies om na die Junie Eksamen aan ons Interne Wetenskap Ekspo in die saal deel te neem. Hierdie is voorwaar ‘n spoggeleentheid. Goud, silwer en brons sertifikate word toegeken.

4.    Die doel van hierdie geleentheid is hoofsaaklik om take te kies wat gaan deelneem aan die Noord Gauteng Wetenskap ekspo wat in Augustus in die Rembrandtsaal by die LC deVilliers sportgronde van Tukkies plaasvind. Wat ‘n voorreg om op hierdie vlak teen ongeveer 700 ander kinders van regoor Noord Gauteng te kompeteer.  ESKOM tree op as borg en heelwat individuele pryse word toegeken.

Ons skool het 'n pragtige rekord van puik prestasies by Noord Gauteng.

 

Ons Noord Gauteng uitslae in 2015 was as volg :

Verwerf: Meriete toekenning by Noord Gauteng Wetenskap Ekspo

  • Kyla Visagie
     

Verwerf: Brons medalje by Noord Gauteng Wetenskap Ekspo

  • Markus Havenga
Graad 7
  • Hannes Louw
Graad 7
  • Monique Kotze
Graad 6
  • Marcel Myburgh
Graad 6
  • Marco Jordaan
Graad 4
  • Jean Meiring
Graad 4

 

Verwerf: Silwer medalje by Noord Gauteng Wetenskap Ekspo

  • Vianne Marais Toerien
Graad 7
  • Francois van Heerden
Graad 7 
  • Phillip De Wet van Heerden
Graad 7
  • Werner van der Walt
Graad 7
  • Gerhard Swanepoel
Graad 7
  • Nadia Schmidt
Graad 6
  • Anireth Strydom
Graad 5
  • Christiaan Reuben van Heerden
Graad 4
  • Ruan van Heerden
Graad 5



Verwerf: Goue medalje by Noord Gauteng Wetenskap Ekspo

  • Marthinus Michael Dreeckmeier
Graad 6
  • Anika Meyer
Graad 7
  • Christine Greetsema
Graad 6
  • Reuben Wiese
Graad 6
  • Miané Kleynhans
Graad 7
  • Monique de Munnik
Graad 6
  • Connor Anderson
Graad 6
  • Rudolph Louis Louw
Graad 4
  • Damian van Niekerk
Graad 4
  • Wandré Gilfillan
Graad 5
  • Alexanderr Nader Fadel
Graad 5

 

Goue medaljes

·         Michael Dreeckmeier          Graad 4

·         Anika Meyer                          Graad 5

·         Cile-Mari Schultz                  Graad 5

·         Vianne Toerien                     Graad 5

·         Leoné Goossen                    Graad 6

·         Jana Dreeckmeier                Graad 6

·         Francois  Greyling                Graad 7

·         Adriaan Brits                          Graad 7
 

Spesiale Toekennings

Ons verwerf ook etlike spesiale toekennings en Anika meyer word gekies om aan dei Nasionale Wetenskap Ekspo deel te neem waar sy 'n silver medalje verower en talle spesiale toekennings ontvang.

Ekspo bied aan ons kinders die geleentheid om reeds op ‘n jong ouderdom te leer om op ‘n wetenskaplike manier navorsing te doen. Hierdie is van groot waarde  wanneer hulle verder gaan studeer.