Elardu-Steorra Dramaskool

Die Elardu-Steorra Dramaskool bied prettige kultuuraktiwiteite. Dit is geleë op die skoolterrein. Dit is veilig en maak dit maklik om saam met ander aktiwiteite in die middae in te pas. Die Dramaskool is suiwer opvoedkundig en is gegrondves op die onderrig van drie pilare (sien links).
 

Prestasies:

  • Individuele leerders verower beurse, trofeë, medaljes en sertifikate.
  • Die Dramaskool is reeds vier keer deur die Centurion Kunstefees aangewys as die “Beste ateljee in Pretoria”, sowel as twee keer by die Pretoriase Kunsvereniging.
  • Leerders verwerf Drama- of Kultuur-erekleure by die skool.
  • Oudleerders en leerders speel in Sewende Laan en TV-advertensies.
  • Ons werk by geleentheid saam met die Open Window Universiteit se filmdepartement.

 

 

 

 

 

Onderrigtye:

Maandae tot Vrydae 13:15 – 19:30.

Gr. R: een les van ‘n halfuur per week.

Gr.1: een les van ‘n driekwartuur per week.

Gr.2-12: een les van een uur per week

Groepklasse van 4-10 leerders

Gespesialiseerde onderrig vir 1-4 leerders
 

Kostes:

Baie redelik en wissel vir verskillende soorte onderrig.
 

Navrae:

Louise Lachenicht, 083 531 6996 / loulach@telkomsa.net